Spreuke 15
Afrikaans PWL
1’n Sagte antwoord draai die woede weg, maar ’n harde woord wek woede op.

2Die tong van die wyse gebruik kennis reg, maar die mond van dwase spoeg vloeke uit.

3Die oë van יהוה is op elke plek en let op na die slegtes en die goeies.

4’n Helende tong is ’n boom van lewe en hy wat van sy vrugte eet sal daardeur gevul word.

5Die dwaas verag die dissipline van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, is wys.

6In die huis van die regverdige is groot krag, maar die oes van die bose sal vernietig word.

7Die lippe van die wyse uiter kennis, maar die verstand, wil en emosie van die dwase is nie opreg nie.

8Die offers van die bose is verwerplik vir יהוה, maar die gebed van die opregtes is Sy vreugde.

9Die lewenswyse van die bose is ’n verwerplikheid vir יהוה, maar Hy het hom lief wat onpartydige opregtheid navolg.

10Die tugtiging van die wat nie boosheid erken nie is bekend, maar hy wat teregwysing haat, sal sterf.

11Sh’ol en vernietiging is voor יהוה, hoeveel te meer nie die verstand, wil en emosie van die mens nie!

12Die bose man hou nie van een wat hom bestraf nie en hy sal ook nie saam met die wyse loop nie.

13’n Vrolike verstand wil en emosie maak ’n blymoedige gesig, maar deur smart van die verstand, wil en emosie is die gees gebroke.

14Die verstand wil en emosie van die regverdige soek kennis, maar die mond van die dwase uiter boosheid.

15Al die dae van die arme is gevul met probleme, maar hulle wat ’n blymoedige verstand, wil en emosie het, het ’n voortdurende rustigheid.

16’n Klein bietjie, saam met respekvolle vrees vir יהוה, is beter as die groot skatte van die bose.

17’n Ete van groente waar liefde is, is beter as ’n vetgevoerde bees saam met haat.

18’n Humeurige man verwek twis, maar hy wat stadig is om kwaad te word, bring vrede in ’n stryery.

19Die lewenswyse van die luiaard is vol dorings, maar die pad van die opregtes is eenvoudig.

20’n Wyse seun maak sy vader gelukkig, maar ’n dwase seun is ’n vernedering vir sy moeder.

21’n Dwase man het ’n gebrek aan insig, maar ’n man van insig leef opreg.

22Hulle wat onverdiende respek vir raadgewing het, faal om die doel daarvan te waardeer, maar deur die veelheid van raadgewers, word die raad bevestig.

23’n Man se vreugde word openbaar deur die woorde van sy mond en hoe goed is dit vir hom wat op die regte tyd praat!

24Die pad van die lewe gaan opwaarts vir die wyse sodat hy mag wegkom van die dieptes van Sh’ol.

25יהוה sal die huis van die trotsaards vernietig, maar Hy sal die besittings van die weduwee verseker.

26Bose gedagtes is verwerplik vir יהוה, maar suiwer woorde is vir Hom aangenaam.

27Hy wat omkoopgeld aanvaar, vernietig sy eie lewe, maar hy wat omkoop haat, sal lewe.

28Die verstand, wil en emosie van die regverdige oordink in waarheid, maar uit die mond van die bose stroom bose dinge.

29יהוה is ver van die bose, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.

30Die lig van die oë verbly die binneste en ’n goeie tyding maak die gebeente vet.

31Die oor wat teregwysing tot die lewe hoor en dit doen, vertoef onder die wyses.

32Hy wat teregwysing verwerp, verag sy eie lewe, maar hy wat luister na teregwysing, verkry wysheid.

33Respekvolle vrees vir יהוה is die teregwysing van lewe en die lof en eer van die nederige gaan voor hom uit.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 14
Top of Page
Top of Page