Filippense 3
Afrikaans PWL
1My broers, verbly julle daarom in eenheid met ons Meester. Dit is vir my nie moeite om dieselfde dinge aan julle te skryf nie, want dit beskerm julle.

2Wees versigtig vir honde; wees versigtig vir werkers van boosheid; wees versigtig vir die vleeslike besnyers, 3want óns is die besnydenis, die van ons wat God in die Gees dien en roem in Yeshua, Die Gesalfde Een en ons vertrou nie op die vlees nie; 4alhoewel ek ook rede het om te vertrou op die vleeslike. As iemand anders dink dat hy op die vleeslike kan vertrou, ek nog meer: 5besny op die agtste dag, vanuit die familie van Yisra’el, vanuit die stam van Binyamin; ’n Hebreër, seun van ’n Hebreër; in die geskrewe wet ’n Fariseër; 6in ywer, ’n vervolger van die gemeente; volgens die onpartydige opregtheid wat in die wet vereis word, onberispelik,

7maar hiérdie, wat vir my voordele was, beskou ek as verliese, as gevolg van Die Gesalfde Een. 8Ek beskou ook al hierdie dinge as verlies ter wille van die verhewe kennis van Yeshua, Die Gesalfde Een, my Meester, ter wille van wie ek alles verloor het en as gemors beskou het, om Die Gesalfde Een as wins te verkry 9en dat ek in eenheid met Hom gevind sal word, nie met my onpartydige opregtheid wat uit die geskrewe wet is nie, maar dié wat deur die vertroue van Die Gesalfde Een is, die onpartydige opregtheid wat uit God is 10sodat ek Yeshua en die wonderwerkende krag van Sy opstanding daardeur kan ken en kan deel aan Sy lyding en gelykvormig gemaak kan word aan Sy dood 11sodat ek miskien in staat sal wees om die opstanding uit die dood te kan behaal.

12Nie dat ek dit nou al gekry het of al volmaak gemaak is nie, maar ek hardloop asof ek dit in besit kan neem, waarvoor ek ook deur Yeshua, Die Gesalfde Een, in besit geneem is. 13My broers, ek reken nie dat ek dit self in besit geneem het nie, maar een ding weet ek: dit wat agter my is, het ek vergeet en ek strek my uit na wat voor is 14en hardloop na die einddoel om die prys te verkry van die hoogste roeping van God in Yeshua, Die Gesalfde Een. 15Laat almal wat volwasse geword het, deur hierdie dinge oortuig wees en as julle van iets anders oortuig is, sal God ook dit aan julle openbaar. 16Laat ons egter daarby kom en op een pad volg, in een gesindheid.

17Volg my na, my broers en let op na dié wat leef volgens die voorbeeld wat julle in ons gesien het, 18want daar is baie wat anders leef, van wie ek dit baie vir julle gesê het en nou ook huilend sê: hulle is vyande van die kruis van Die Gesalfde Een. 19Hulle einde is die vernietiging; hulle god is die maag en hulle eer en lof is in hulle skande, deurdat hulle aardse dinge bedink, 20maar ons besigheid is in die hemel en komend van daar kyk ons ook vir die Lewegewer: ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, 21want Hy sal ons vernederde liggaam verander, om te wees volgens die beeld van Sy liggaam van lof en eer volgens Sy groot krag, waardeur alles aan Hom gehoorsaam gemaak word.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Philippians 2
Top of Page
Top of Page