Numeri 34
Afrikaans PWL
1יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 2“Gee bevel aan die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle in die land Kena’an kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfenis sal toeval; die land Kena’an, volgens sy grense. 3Julle suidelike grens sal van die wildernis van Tzin af, langs Edom, wees en julle suidelike grens moet vanaf die einde van die Soutsee ooswaarts wees. 4Julle grens moet draai van die suidekant van die Steilte van `Akrabbim en aangaan na Tzin toe, eindig suid van Kadesh-Barnea en aan na Hatzar-Addar en aangaan tot by `Atzmon. 5Die grens sal draai van `Atzmon af na die spruit van Mitzrayim toe en by die see eindig.

6Wat die westelike grens betref, julle sal die Groot See as grens hê; dit moet julle westelike grens wees.

7Dit sal julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle afmerk na die berg toe. 8Vanaf die berg moet julle afmerk tot by die ingang na Hamat en die grens se verste punt is by Tz’dad. 9Die grens gaan aan tot by Zifron en eindig by Hatzar-`Einan. Dit sal julle noordelike grens wees.

10Julle moet jul oostelike grens afmerk van Hatzar-`Einan af na Sh’fam. 11Die grens sal afloop van Sh’fam na Rivlah, aan die oostekant van `Ayin; die grens sal afloop en raak aan die oostekant van die meer van Kinneret. 12Die grens moet afloop met die Yarden totdat dit eindig by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.’”

13Moshe het die seuns van Yisra’el beveel en gesê: “Dit is die land wat julle deur die lot sal erf, wat יהוה beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee, 14want die stam van die seuns van Re’uven, volgens die huise van hulle vaders, die stam van die seuns van Gad, volgens die huise van hulle vaders en die halwe stam van M’nasheh het reeds hulle erfdeel ontvang.” 15Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfenis oorkant die Yarden teenoor Yerigo, ooswaarts na die sonsopkoms, ontvang.

16יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 17“Hierdie is die name van die manne wat die land tussen julle moet verdeel: El’azar, die priester en Y’hoshua, die seun van Nun. 18Julle moet ook een leier vat uit elke stam om die land as erfenis te verdeel. 19Hierdie is die name van die manne: van die stam van Yhudah: Kalev, die seun van Y’funneh; 20van die stam van die seuns van Shim’on: Sh’mu’el, die seun van `Ammihud; 21van die stam van Binyamin: Elidad, die seun van Kislon; 22die leier van die stam van die seuns van Dan: Bukki, die seun van Yogli; 23van die kinders van Yosef: die leier van die seuns van die stam van M’nasheh: Hani’el, die seun van Efod; 24die leier van die stam van die seuns van Efrayim: K’mu’el, die seun van Shiftan; 25die leier van die stam van die seuns van Z’vulun: Elitzafan, die seun van Parnakh; 26die leier van die stam van die seuns van Yissakhar: Palti’el, die seun van `Azan; 27die leier van die stam van die seuns van Asher: Agihud, die seun van Shlomi; 28die leier van die stam van die seuns van Naftali: P’dah’el, die seun van `Ammihud.” 29Hierdie is hulle vir wie יהוה beveel het om die erfenis vir die seuns van Yisra’el in die land Kena’an te verdeel.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Numbers 33
Top of Page
Top of Page