Miga 2
Afrikaans PWL
1Wee die wat onreg beplan, wat boosheid uitwerk op hulle beddens! Wanneer die oggend kom, doen hulle dit, want dit is in die mag van hulle hande.

2Hulle begeer lande en vat dit en huise en vat hulle weg. Hulle beroof ’n man en sy huis, ’n man en sy erfenis.”

3יהוה sê daarom: “Let op, Ek beplan ’n katastrofe teen hierdie familie, waaruit julle jul nekke nie sal kan uittrek nie en julle sal nie trots kan rondloop nie, want dit sal ’n bose tyd wees.

4In dié dag sal hulle ’n spotlied oor julle opneem en ’n bitter klaaglied sing: ‘Ons is volkome vernietig! Hy verruil die deel van my volk; Hy vat dit weg van my! Hy verdeel ons velde onder die afvalliges;’

5daarom sal daar in die vergadering van יהוה vir jou niemand wees wat die meetlyn vir jou uittrek deur die lot nie.

6‘Moenie praat nie!’ Hulle praat egter. As hulle nie hieroor praat nie, sal die beskuldigings nie teruggedraai word nie!

7O huis van Ya’akov, word dit gesê: ‘Is die Gees van יהוה ongeduldig? Is hierdie dinge Sy dade?’ Doen My woorde nie goed teenoor die een wat opreg wandel nie?

8Onlangs het My volk opgestaan as ’n vyand; julle trek die mantel af van die kleed van niksvermoedende verbygangers, van die wat terugkeer van die oorlog af.

9Die vroue van My volk verdryf julle, elkeen uit hulle aangename huis; jy vat My prag en grootsheid vir ewig weg van haar kinders af.

10Staan op en gaan, want hierdie is geen plek van rus nie, as gevolg van die onreinheid wat verwoesting bring, ’n pynlike verwoesting.

11As iemand wat wind en valsheid najaag lieg en sê: ‘Ek sal met jou praat oor wyn en sterk drank,’ sal hy namens hierdie volk praat.

12Ek sal almal van julle sekerlik bymekaarmaak, o Ya’akov, Ek sal sekerlik dié wat oorgebly het van Yisra’el bymekaarbring. Ek sal hulle saambring soos skape in ’n kraal; soos ’n kudde in sy weiveld sal dit raas van mense.

13Die breker gaan voor hulle op; hulle breek uit, gaan deur die poort en gaan deur hom uit. So gaan hulle koning voor hulle uit en יהוה aan hulle hoof.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Micah 1
Top of Page
Top of Page