Miga 1
Afrikaans PWL
1Die boodskap van יהוה wat tot Mikhah van Moreshet, gekom het, in die dae van Yotam, Agaz en Hizkiyahu, konings van Y’hudah; wat hy gesien het aangaande Shomron en Yerushalayim:

2“Luister en doen, o volke, almal van julle; o aarde en alles wat dit bevat en laat יהוה-God ’n getuie teen julle wees, יהוה vanaf Sy afgesonderde tempel,

3want let op, יהוה kom vanuit Sy plek. Hy sal afkom en loop op die hoë plekke van die aarde.

4Die berge sal onder Hom smelt en die valleie oopskeur, soos was voor die vuur, soos water wat by ’n skuins plek afgegooi word;

5dit alles vanweë die rebellie van Ya’akov en vanweë die sondes van die huis van Yisra’el. Wat is die rebellie van Ya’akov? Is dit nie Shomron nie? Wat is die hoë plek van Y’hudah? Is dit nie Yerushalayim nie?

6Ek sal Shomron ’n puinhoop maak in die oop veld, ’n plek om wingerdstokke te plant. Ek sal haar klippe in die vallei afgooi en haar fondamente blootlê.

7Al haar afgode sal stukkend gebreek word, al haar verdienstes sal met vuur verbrand word en al haar beelde sal Ek verwoes, want hulle is versamel vanuit ’n hoer se verdienstes en tot die verdienste van ’n hoer sal dit terugkeer.

8As gevolg hiervan sal ek rouklaag en huil; sal ek kaalvoet en kaal loop; ek sal kla soos die jakkals en treur soos die volstruis,

9want haar wond is ongeneeslik, want dit het na Y’hudah toe gekom; dit het die poort van my volk bereik, tot by Yerushalayim.

10Moet dit nie in Gat vertel nie, moet glad nie daaroor huil nie. Rol jouself in die stof by Beit-L’afrah.

11Gaan aan op jou pad, inwoners van Shafir, in skandelike naaktheid. Die inwoners van Tza’anan ontsnap nie. Die weeklag van Beit-Ha’etzel: “Hy sal sy ondersteuning van jou af wegvat,”

12want die inwoners van Marot word swak, wagtend vir iets goeds omdat ’n katastrofe vanaf יהוה afgekom het na die poort van Yerushalayim.

13Span die strydwa en die span perde in, o inwoners van Lakhish; sy was die begin van sonde vir die dogter van Tziyon, want die rebelse dade van Yisra’el is in jou gevind;

14daarom moet jy afskeidsgeskenke gee namens Moreshet-Gat; die huise van Akhziv sal ’n misleiding word vir die konings van Yisra’el.

15Meer nog, Ek sal die een wat besit neem oor jou bring, o inwoner van Mareshah; die eer van Yisra’el sal `Adullam binnegaan.

16Maak jouself bles, trek uit jou hare vir die kinders van jou vreugde; vergroot jou bles soos die arend, want hulle sal van jou af weggaan in ballingskap.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Jonah 4
Top of Page
Top of Page