Afrikaans PWL 1In daardie tyd het die studentevolgelinge na Yeshua gekom en gesê: “Wie is regtig die grootste in die Koninkryk van die hemel?”
2Yeshua roep ’n seun en laat hom tussen hulle staan
3en Hy sê: “Waarlik, Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kinders word nie, sal julle nie in die Koninkryk van die hemel ingaan nie!
4Elkeen dan wat hom verneder om te wees soos hierdie seun, hy is die grootste in die Koninkryk van die hemel
5en wie ook al kinders soos dié in My Outoriteit en Karakter ontvang, ontvang My
6en elkeen wat ’n oortreding begaan teenoor een van hierdie kleintjies, wat in My vertrou, vir hom is dit beter dat ’n donkie se meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. 7Wee die wêreld weens oortredinge! Dit is wel noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblokke kom. 8As jou hand of jou voet vir jou ’n struikelblok is, kap dit af en gooi dit weg van jou af (stop dit en laat staan), want dit is vir jou beter om die lewe in te gaan, kreupel of vermink (met minder), as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur te val 9en as jou oog vir jou ’n struikelblok is, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af (stop dit en laat staan dit). Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan (nie alles te sien nie), as om twee oë te hê en in die hel van vuur te val. 10Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie, want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemel altyd die Teenwoordigheid van My Vader, wat in die hemel is, sien, 11want die Seun van die mens het gekom om te red, wie ook al verlore is. 12Wat dink julle? As iemand ’n honderd skape het en een van hulle dwaal weg, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die heuwels die weggedwaalde een gaan soek nie? 13Waarlik, Ek sê vir julle dat as hy hom kry, hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie weggedwaal het nie. 14Net so is dit nie die begeerte van julle Vader, wat in die hemel is, dat een van hierdie kleintjies verlore sal gaan nie, 15maar as jou broer teenoor jou oortree, gaan wys hom tereg; slegs tussen jou en hom. As hy vir jou luister, dan het jy jou broer gewen, 16maar as hy nie luister nie, vat nog een of twee saam met jou sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord bevestig kan word, 17maar as hy nie na hulle luister nie, sê dit vir die gemeente en as hy ook nie na die gemeente luister nie, laat hom vir jou wees soos die belastinggaarder en die ongelowige. 18Waarlik Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde vasbind, sal vasgebind wees, soos dit reeds in die hemel is en alles wat julle op die aarde losmaak, sal losgemaak wees, soos dit reeds in die hemel is. 19Weer sê Ek vir julle: ‘As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat julle mag vra, sal dit vir julle gedoen word vanaf die Teenwoordigheid van My Vader wat in die hemel is, 20want waar twee of drie in My Outoriteit en Karakter (Naam) bymekaarkom, daar is Ek saam met hulle’.” 21Toe kom Kefa na Hom en sê: “My Meester, hoeveel keer sal ek my broer vergewe as hy teen my ’n oortreding begaan? Tot sewe keer toe?” 22Yeshua sê vir hom: “Ek sê vir jou, nie tot sewe keer toe nie, maar tot sewentig maal sewe keer toe. 23As gevolg hiervan word die Koninkryk van die hemel vergelyk met ’n koning wat sy diensknegte se rekenings bereken het 24en toe hy begin bereken, bring hulle een na hom toe wat tien duisend talente geskuld het 25en omdat hy niks gehad het om mee te betaal nie, gee sy meester bevel dat hy, sy vrou, sy kinders en alles wat hy het, verkoop moet word en hy terugbetaal word. 26Daardie slaaf val voor hom neer op sy gesig en sê: ‘My meester, wees geduldig met my en ek sal u alles betaal.’ 27Die meester het meegevoel gehad vir daardie dienskneg en hom vrygelaat en sy skuld vergewe, 28maar toe daardie slaaf uitgaan en een van sy medeslawe vind wat hom honderd denarii geskuld het, gryp hy hom aan die keel en sê: ‘Betaal my wat jy my skuld.’ 29Sy mededienskneg val aan sy voete neer en smeek van hom en sê: ‘Wees geduldig met my en ek sal jou terugbetaal,’ 30maar hy wou nie, maar het gegaan en hom in die tronk gegooi totdat hy, wat hy hom skuld, betaal het. 31Toe sy medeslawe sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef en hulle het gegaan en aan hulle meester verslag gedoen oor alles wat gebeur het. 32Toe roep sy meester hom en sê vir hom: ‘Jou bose slaaf, al daardie skuld het ek jou vergewe omdat jy my gevra het; 33moes jy nie net so meegevoel met jou medeslaaf gehad het, soos ek vir jou gehad het nie?’ 34Sy meester was kwaad en het hom oorgegee aan die martelaars totdat hy alles betaal het wat hy hom verskuldig was. 35Net so sal My Hemelse Vader ook aan julle doen as julle nie elkeen sy broer in verstand, wil en emosie sy oortredinge vergewe nie.” Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission. Bible Hub |