Afrikaans PWL 1יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
2“Beveel die seuns van Yisra’el dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die lig moet bring, om die lamp voortdurend te laat brand.
3Aharon moet dit buitekant die verdelingsgordyn van die Getuienis, in die Tent van Ontmoeting, voorberei om voortdurend van die aand tot die oggend voor die Teenwoordigheid van יהוה te brand. Dit is ’n ewige instelling regdeur julle geslagte.
4Hy moet die lampe op die rein lampstaander voortdurend voorberei voor die Teenwoordigheid van יהוה. 5Jy moet ook fyn meel vat en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes van ’n efa moet in elke koek wees 6en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ’n stapel, op die rein tafel voor die Teenwoordigheid van יהוה. 7Op elke stapel moet jy suiwer wierook sit, wat op die brood moet wees as ’n herdenking, as ’n offer deur vuur tot יהוה. 8Op elke Shabbatdag moet hy dit as ’n ewige verbond, voortdurend voor die Teenwoordigheid van יהוה regsit, as geskenk vanaf die seuns van Yisra’el. 9Dit sal as ’n ewige instelling vir Aharon en sy seuns wees, vanuit die offers, wat deur vuur gemaak word, tot יהוה: hulle moet dit in die Afgesonderde plek eet, want dit is iets volkome afgesonderd.” 10Die seun van ’n Yisra’elitiese vrou, wie se man ’n Mitzrayiet was, het uitgegaan tussen die seuns van Yisra’el in en die seun van die Yisra’elitiese vrou en ’n Yisra’elitiese man het met mekaar baklei in die kamp 11en die seun van die Yisra’elitiese vrou het boos gepraat teen die Karakter en Outoriteit van יהוה en dit gevloek en hulle het hom na Moshe gebring. Die naam van sy moeder was Shlomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan. 12Hulle het hom toegesluit totdat die wil van יהוה aan hulle verklaar kon word. 13יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 14“Vat hom wat gevloek het buitekant die kamp en laat almal wat hom gehoor het, hulle hande op sy kop sit en laat die hele vergadering hom stenig. 15Jy moet met die seuns van Yisra’el praat en sê: ‘Wie ook al sy God vloek, sal sy sonde dra 16en wie ook al boos praat teen die Karakter en Outoriteit van יהוה, moet tot die dood toe tereggestel word; die hele vergadering moet hom met klippe stenig. Die besoeker, net soos die kind van die land, as hy boos praat teen יהוה, moet hy doodgemaak word. 17Elkeen wat ’n mens doodslaan, moet tereggestel word tot die dood. 18Wie ook al ’n stuk vee doodslaan, moet vergoeding doen daarvoor; lewe vir lewe. 19As iemand sy naaste ’n gebrek veroorsaak, soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word: 20breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand, dieselfde gebrek wat hy aan ’n mens veroorsaak het, moet ook aan hom gedoen word. 21Wie ook al ’n stuk vee doodslaan, moet daarvoor vergoeding gee, maar hy wat ’n mens doodslaan, moet doodgemaak word. 22Julle sal dieselfde standaard hê vir die besoeker en vir die kind van die land, want Ek is יהוה, julle Magtige God.’” 23Moshe het met die seuns van Yisra’el gepraat en hulle het die een wat gevloek het buitekant die kamp uitgevat en hom gestenig. So het die seuns van Yisra’el gedoen soos יהוה Moshe beveel het. Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission. Bible Hub |