Rigters 5
Afrikaans PWL
1Toe het D’vorah en Barak, die seun van Avino’am, op daardie dag gesing en gesê:

2“Dat die leiers in Yisra’el gelei het en dat die volk gewillig was; lofprys יהוה!

3Hoor, o konings! Luister, o heersers! Ek sal sing tot יהוה; ek sal met instrumente tot יהוה, die God van Yisra’el, speel.

4יהוה, toe U uitgegaan het uit Se’ir; toe U marsjeer het uit die veld van Edom; het die aarde gebewe, ook die hemele het gedrup, selfs die wolke het water gedrup.

5Die berge het geskud in die Teenwoordigheid van יהוה; hierdie Sinai in die Teenwoordigheid van יהוה, die God van Yisra’el.

6In die dae van Shamgar, die seun van `Anat; in die dae van Ya’el, was die hoofpaaie verlate en die reisigers het langs ompaaie gegaan.

7Leierskap het opgehou, dit het opgehou in Yisra’el totdat ek, D’vorah, opgestaan het; totdat ek, ’n moeder in Yisra’el, opgestaan het.

8Nuwe gode is gekies; toe is daar oorlog in die poorte. Daar was nie ’n skild of spies te sien onder veertig duisend in Yisra’el nie.

9My diepste binneste gaan uit na die bevelvoerders van Yisra’el; die vrywilligers onder die volk; lofprys יהוה!

10Julle wat op wit donkies ry; julle wat op die hoogte bly; julle wat reis op die pad,

11oordink die woorde van die navraers, wat tussen die leermeesters is; hulle sal die onpartydige opregtheid van יהוה uitvoer, die onpartydige opregtheid wat Hy in Yisra’el vermenigvuldig het. Dan sal die volk van יהוה na die poorte toe marsjeer.

12Word wakker, word wakker, D’vorah! Word wakker, word wakker, sing ’n lied! Staan op, Barak en voer jou gevangenes weg, seun van Avino’am!

13Toe het die bevryder afgekom om lofprysing tot יהוה te sing; U het vir my oorwinning gegee deur die hand van ’n man uit Efrayim.

14Barak se woorde is bekend in `Amalek; na jou, trek Binyamin, wat omgee vir jou; vanuit Makhir kom ’n bevelvoerder en vanaf Z’vulun dié wat skryf met die pen van ’n skrywer

15en die prinse van Yissakhar was by D’vorah; soos Yissakhar, so was Barak tussen die mense: hy is per voet na ’n gedeelte van Re’uven gestuur; groot is hulle wat Godsopenbarings vir die verstand, wil en emosie gee.

16Waarom het jy tussen die veekrale gesit; om die fluitspel vir die troppe te hoor? Tussen die afdelings van Re’uven was die ondersoeke van die verstand, wil en emosie groot.

17Gil’ad het anderkant die Yarden gebly en hoekom het Dan in skepe gebly? Asher het by die seestrand gesit en by sy baaie gebly.

18Z’vulun is ’n volk wat hulle lewens verag tot die dood toe; ook Naftali, op die hoë plekke van die veld.

19Die konings het gekom en geveg; toe het die konings van Kena’an geveg by Ta’anakh, naby die waters van Megiddo; hulle het geen plunder of silwer gevat nie.

20Die sterre het vanuit die hemel geveg; vanaf hulle bane het hulle teen Sisra geveg by die rivier van Kishon.

21Die Kishon en Karminriviere het hulle weggedryf! O my lewe, jy het ’n leërmag verslaan!

22Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle dapper gevegte.

23“Vloek Meroz,” het die boodskapper van יהוה gesê; “vervloek sy inwoners volkome omdat hulle יהוה nie tot hulp gekom het nie, tot die hulp van יהוה teen die kragtige soldate nie.”

24Mees geseënde onder vroue is Ya’el, die vrou van Hever, die Keiniet; mees geseënd is sy onder vroue in die tent!

25Water het hy gevra, melk het sy vir hom gegee; in ’n fantastiese kom het sy vir hom dikmelk gebring.

26Sy steek haar hand uit na die tentpen en haar regterhand na die werker se hamer; dan tref sy vir Sisra, sy verpletter sy kop en sy verbrysel en deurboor sy slaap.

27Tussen haar voete buig hy neer, hy val, lê daar! Tussen haar voete buig hy neer, hy val; waar hy neergebuig het, daar het hy dood neergeval.

28Sy kyk by die venster uit en weeklaag, die moeder van Sisra, deur die vensterraam: “Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom talm die klop van die hoewe van sy waens?

29Haar wyse prinsesse sal haar antwoord; inderdaad, sy herhaal haar woorde vir haarself:

30‘Het hulle nie gevind nie, verdeel hulle nie die buit nie? ’n Jong meisie, twee meisies vir elke soldaat; ’n buit van gekleurde klere vir Sisra, ’n buit van gekleurde klere, geborduur; gekleurde werk van dubbel borduurwerk op die nek van die buiter.

31Laat al U vyande, יהוה, so omkom! Maar laat die wat Hom liefhet, wees soos die opkoms van die son in Sy krag.” Die land was veertig jaar lank onverstoord.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Judges 4
Top of Page
Top of Page