Job 23
Afrikaans PWL
1Toe het Iyov geantwoord en gesê:

2“Selfs vandag is my klagte bitter; God se hand is swaarder en vermeerder my gekerm.

3Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind sodat ek na Sy plek kon gaan!

4Ek sou my saak stapsgewys voor Hom bring en my mond vul met argumente.

5Ek sou weet wat Hy my sou antwoord en verstaan wat Hy vir my sou sê.

6Sou Hy teen my stry met Sy groot krag? As Hy nie sou nie, sal Hy Sy groot respekvolle vrees in my plaas.

7Daar mag ek regverdiglik teen Hom kom en ek mag onskuldig verklaar en vrygespreek word.

8Let op, as Hy voor my uitgaan, weet ek dit nie, of agter my kan ek Hom nie sien nie.

9Ek soek Hom aan my linkerkant, maar ek kan Hom nie gewaar nie; dan draai ek na my regterkant, maar ek kan Hom nie sien nie,

10maar dit is Hy wat my lewenswyse en my bestaan ken en my getoets het soos goud en ek het suiwer uitgekom.

11My voete was ferm op Sy voetspore en ek het in Sy lewenswyses gebly.

12Ek het nie die opdragte van Sy lippe verag nie en ook nie afgewyk van Sy wil af nie en die woorde van Sy mond gehou,

13maar in antwoord hierop, wat het Hy vir my gegee? Wat Hy begeer, dit doen Hy.

14Hy voer egter Sy verbond uit en baie sulke dinge is by Hom;

15daarom is ek bang in Sy Teenwoordigheid; wanneer ek dit oordink, is ek bang vir Hom,

16want God het my verstand, wil en emosie sag gemaak en my gedagtes is deurmekaar,

17want ek is nie stilgemaak voor die duisternis of die bedekking van die donkerheid nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 22
Top of Page
Top of Page