Job 17
Afrikaans PWL
1My gees is vernietig, my dae is uitgewis, die graf is gereed vir my,

2want daar is geen valsheid in my nie en tog dwaal my gees in hulle bitterheid.

3Ek bid, maak my ’n gyselaar by U, dan sal ek myself oorgee,

4want U het húlle verstand, wil en emosie weggesteek vir begrip; daarom sal hulle hulself oplig in hul misleiding.

5Wanneer ’n vriend skadelik optree teenoor sy vriend, sal selfs die oë van sy seuns faal.

6Hy het krag gegee aan die nasies; ek sal gespot word voor hulle.

7My oë is dof as gevolg van woede en al my sintuie is soos ’n skaduwee.

8Opregte mense sal verbaas wees hieroor en die onskuldige sal homself opwerk teen die skuldiges.

9Die regverdige sal vashou aan sy lewenswyse en hy wat rein hande het, sal sterker en sterker word,

10maar, wat julle almal betref, julle is valse toneelspelers; tog keer julle terug en kom na my toe, maar ’n wyse man kan ek nie onder julle vind nie.

11Julle tydverspelers, nikswerds wat aan niks dink nie. Vernietigers van die verstand, wil en emosie van die volk.

12Julle verander die nag na dag en julle bring die lig uit voor die donker verby is.

13As ek wag, is Sh’ol my tuiste; ek het my bed in die duisternis gemaak.

14Ek het vir korrupsie gesê: ‘Jy is my vader; vir die wurms: jy is my moeder en my suster.’

15Waar is nou my versekerde verwagting en my vertroue? Wat my versekerde verwagting betref, wie sal dit vind?

16Hulle sal afgaan na die dieptes van Sh’ol, hulle sal saam afgaan in die stof.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 16
Top of Page
Top of Page