Job 16
Afrikaans PWL
1Toe het Iyov geantwoord en gesê:

2“Ek het al baie sulke dinge gehoor; julle is almal bose vertroosters.

3Moenie my gees bedroef met woorde nie; al praat julle, sal ek nie antwoord nie.

4Ek kan ook praat soos julle; ek wens julle was in my plek, dan kon ek julle toets met woorde en my kop vir julle skud.

5Ek sou julle met julle eie woorde toets en die woorde van my lippe sal julle nie spaar nie!

6As ek praat, word my pyn nie versag nie en as ek vooruit kyk, wie kan my troos?

7Nou het Hy my egter uitgeput en tog my hele getuienis bewaar.

8U het my aangestel en ek het ’n getuie geword, maar my mislukking het teen my opgestaan en getuig in my gesig.

9Dit het my verskeur en gebreek in sy woede; vir my gekners op sy tande; my vyand maak sy oë skerp vir my.

10Hulle het my met oop monde in verwyt aangegaap; my op my wange geslaan; hulle is gevul met woede teen my.

11God het my oorgelewer aan die perverse mense en my in die hande van die bose gegee.

12Ek was rustig en hy het my neergeslaan en my ook aan die nek gegryp en my aan stukke geskud en my opgestel as sy teiken.

13Sy pyle is rondom my; hy skiet na my niere en spaar my nie; hy gooi my gal uit op die grond.

14Hy breek my opening na opening, hy loop my storm soos ’n magtige.

15Ek het ’n roukleed oor my vel gegooi en my kop met stof bedek.

16My gesig is moeg van huil en op my ooglede is die skaduwee van die dood,

17maar nie vir enige oortreding van my hande nie; ook my gebed is rein.

18O aarde, moenie my bloed bedek nie en laat my uitroep geen plek hê nie.

19Ook nou, let op, my Getuie is in die hemel en Hy wat saam met my getuig, is in die hoë plekke.

20My vriende en my naaste, my oë stroom trane uit voor God.

21O, dat iemand kan pleit vir ’n man by God soos ’n mens vir sy naaste pleit,

22want die getal van ’n man se jare sal tot ’n einde kom; dan sal hy gaan op die pad vanwaar hy nie sal terugkeer nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 15
Top of Page
Top of Page