Jeremia 36
Afrikaans PWL
1In die vierde jaar van Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, het hierdie woord van יהוה tot Yirmeyahu gekom: 2“Vat ’n boekrol en skryf al die woorde wat Ek met jou gepraat het oor Yisra’el, Y’hudah en oor al die nasies daarop, vanaf die dag dat Ek met jou gepraat het, van die dae van Yoshiyahu af, tot vandag toe. 3Miskien sal die huis van Y’hudah hoor van al die rampe wat Ek beplan om oor hulle te bring sodat elkeen kan omdraai van sy verkeerde lewenswyse; dan sal Ek hulle oortredinge en hulle sonde vergewe.”

4Toe het Yirmeyahu vir Barukh, die seun van Neriyah, geroep en Barukh het op ’n boekrol geskryf, gedikteer deur Yirmeyahu, al die woorde van יהוה wat Hy met hom gepraat het. 5Yirmeyahu het Barukh beveel en gesê: “Ek is ingeperk; ek kan nie in die huis van יהוה ingaan nie. 6Gaan jy en lees vir die mense in die huis van יהוהop ’n vasdag die woorde van יהוה uit die rol wat jy deur my diktasie geskryf het en jy moet dit ook lees vir die hele Y’hudah wat vanaf hulle stede kom. 7Miskien sal hulle versoeke voor die Teenwoordigheid van יהוה kom en almal sal omdraai van hulle verkeerde lewenswyse, want groot is die woede en die toorn wat יהוה teen hierdie volk verklaar het.” 8Barukh, die seun van Neriyah, het gedoen volgens alles wat Yirmeyahu, die profeet, hom beveel het en die woorde van יהוה, in die huis van יהוה, uit die boekrol gelees.

9In die vyfde jaar van Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, in die negende maand, het al die mense in Yerushalayim en al die mense wat uit die stede van Y’hudah na Yerushalayim gekom het, ’n vasdag voor die Teenwoordigheid van יהוה uitgeroep. 10Toe het Barukh die woorde van Yirmeyahu uit die boek aan al die mense gelees, in die huis van יהוה, in die kamer van G’maryah, die seun van Shafan, die skrywer, in die boonste hof, by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van יהוה.

11Toe Mikhay’hu, die seun van G’maryah, die seun van Shafan, al die woorde van יהוה uit die boekrol gehoor het, 12gaan hy af na die huis van die koning, na die kamer van die skrywer en let op, al die amptenare het daar gesit: Elishama, die skrywer; D’layahu, die seun van Sh’ma’yahu; Elnatan, die seun van `Akhbor; G’maryah, die seun van Shafan; Tzidiyahu, die seun van Hananyahu en al die amptenare. 13Mikhay’hu het aan hulle die hele boodskap aangekondig wat hy gehoor het toe Barukh uit die boekrol vir al die mense gelees het. 14Toe stuur al die amptenare vir Y’hudi, die seun van N’tanyahu, die seun van Shelemyahu, die seun van Kushi, na Barukh, met die boodskap en sê: “Vat die rol waaruit jy vir die mense gelees het in jou hand en kom.” Barukh, die seun van Neriyah, vat toe die rol in sy hand en gaan na hulle toe. 15Hulle sê vir hom: “Sit asseblief en lees dit vir ons.” Barukh het dit vir hulle gelees. 16Toe hulle al die woorde gehoor het, het hulle verskrik na mekaar gedraai en vir Barukh gesê: “Ons moet al hierdie woorde sekerlik aan die koning rapporteer.” 17Hulle het vir Barukh gevra: “Vertel ons asseblief, hoe het jy al hierdie woorde neergeskryf; deur sy diktasie?” 18Toe antwoord Barukh hulle: “Hy het al hierdie woorde aan my dikteer en ek het dit met ink op die boekrol geskryf.” 19Toe sê die amptenare vir Barukh: “Gaan, kruip weg, jy en Yirmeyahu en laat niemand weet waar julle is nie.”

20Hulle het na die koning in die hof gegaan, maar hulle het die rol in die kamer van Elishama, die skrywer, gebêre en al die woorde aan die koning rapporteer. 21Toe stuur die koning vir Y’hudi om die rol te gaan haal en hy het dit gaan haal uit die kamer van Elishama, die skrywer en Y’hudi het dit vir die koning en vir al die amptenare wat by die koning staan, gelees. 22Die koning het in die winterpaleis, in die negende maand gesit met ’n vuur in die koper pan voor hom. 23Wanneer Y’hudi drie of vier kolomme gelees het, het die koning dit met die mes van ’n skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die koper pan was totdat die hele boekrol in die vuur op die koper pan verteer was. 24Tog was die koning en al sy diensknegte wat al hierdie woorde gehoor het, nie bang nie en het hulle ook nie hulle klere geskeur nie. 25Selfs al het Elnatan, D’layahu en G’maryah by die koning gepleit om nie die boekrol te verbrand nie, wou hy nie na hulle luister nie. 26Die koning het Yeragme’el, die seun van die koning, S’rayahu, die seun van `Azri’el en Shelemyahu, die seun van `Avde’el, beveel om Barukh, die skrywer en Yirmeyahu, die profeet, te vang, maar יהוה het hulle weggesteek.

27Toe kom die woord van יהוה tot Yirmeyahu nadat die koning die boekrol, met die woorde wat Barukh deur die diktering van Yirmeyahu geskryf het, verbrand het en sê: 28“Vat weer ’n ander boekrol en skryf daarop al die vorige woorde wat op die eerste rol was, wat Y’hoyakim, koning van Y’hudah, verbrand het 29en aangaande Y’hoyakim, koning van Y’hudah, moet jy sê: ‘So sê יהוה: “Jy het hierdie boekrol verbrand en gesê: ‘Waarom het jy daarop geskrywe dat die koning van Bavel sekerlik sal kom en hierdie land vernietig en mens en dier daarop sal laat ophou bestaan?’” 30יהוה sê daarom aangaande Y’hoyakim, koning van Y’hudah: “Hy sal niemand hê om te sit op die troon van Dawid nie en sy lyk sal uitgegooi word op die hitte van die dag en die ryp van die nag. 31Ek sal hom, sy nageslag en sy diensknegte straf vir hulle oortredinge en Ek sal oor hulle, die inwoners van Yerushalayim en die manne van Y’hudah al die rampe bring wat Ek teen hulle verklaar, want hulle het nie geluister nie.”’”

32Toe het Yirmeyahu ’n ander boekrol gevat en dit vir Barukh, die seun van Neriyah, die skrywer, gegee en hy het op dit die diktasie van Yirmeyahu geskryf, al die woorde van die boek wat Y’hoyakim, koning van Y’hudah, in die vuur verbrand het en baie soortgelyke woorde is by hulle bygevoeg.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Jeremiah 35
Top of Page
Top of Page