Jesaja 61
Afrikaans PWL
1Die Gees van יהוה-God is op My omdat יהוה My gesalf het om goeie nuus te bring aan die geteisterdes; Hy het My gestuur om die gebrokenes van verstand, wil en emosie op te bind, om vryheid vir die weggevoerdes te verklaar en loslating vir gevangenes;

2om die jaar van guns van יהוה aan te kondig en die dag van die wraak van ons God; om almal wat treur te troos,

3om aan die wat treur in Tziyon te voorsien; vir hulle ’n sierkrans te gee in die plek van as, vreugde-olie in plaas van rou, die mantel van lofprysing in plaas van ’n verslae gees. Hulle sal eikebome van onpartydige opregtheid, deur יהוה geplant, genoem word sodat Hy geloof, geëer en aanbid kan word.

4Dan sal hulle die ou puinhope herbou, die vorige verwoeste plekke oplig en die verwoeste stede herstel; die vernietiging van baie geslagte.

5Vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas en buitelanders sal julle boere en wynboere wees,

6maar júlle sal die priesters van יהוה genoem word; daar sal van julle gepraat word as bedienaars van ons God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en in hulle rykdom sal julle roem.

7In plaas van julle skande, ’n dubbele deel vir julle en in plaas van vernedering sal julle jubel oor hulle deel; daarom sal julle ’n dubbele deel in hulle land besit, ewige vreugde sal hulle s’n wees,

8want Ek, יהוה, het die regverdige oordeel lief; Ek haat diefstal en oortreding; Ek sal jou werk in waarheid lei en ’n ewige verbond met jou sluit.

9Dan sal julle nageslag bekend wees onder die nasies en julle nakomelinge onder die volke. Almal wat julle sien, sal julle herken, want julle is die nageslag wat יהוה geseën het.

10Ek sal my grootliks verbly in יהוה, my lewe sal in die rondte swaai van vreugde in my God, want Hy het my aangetrek met klere van verlossing, Hy het my in die mantel van onpartydige opregtheid toegedraai, soos ’n bruidegom die hoofversiersel ombind en soos ’n bruid haarself versier met haar juwele,

11want soos die aarde sy spruite voortbring en soos ’n tuin dit wat gesaai is, laat uitspruit, so sal יהוה-God onpartydige opregtheid en lofprysing laat opspring voor al die nasies.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 60
Top of Page
Top of Page