Jesaja 4
Afrikaans PWL
1In dié dag sal sewe vroue een man gryp en sê: “Ons sal ons eie brood eet en ons eie klere aantrek, laat ons net by jou naam genoem word; vat ons skande weg.”

2In dié dag sal die Spruit van יהוה mooi en tot eer en lof wees en die vrug van die aarde sal die trots en versiering van die oorgeblewenes van Yisra’el wees. 3Dit sal gebeur dat hy wat in Tziyon oor is en agterbly in Yerushalayim, afgesonderd genoem sal word; elkeen wat opgeteken is en lewe in Yerushalayim. 4Wanneer יהוה die vuilheid van die dogters van Tziyon afgewas en die bloedvergieting van Yerushalayim uit haar uitgespoel het, deur die Gees van oordeel en die Gees van suiwering, 5dan sal יהוה oor die hele area van die berg Tziyon en oor haar bymekaarkomplekke bedags ’n wolk en rook skep en die helderheid van ’n brandende vuur in die nag, want die grootsheid van יהוהsal ’n beskutting oor alles wees. 6Daar sal ’n bedekking wees om skadu bedags te gee teen die hitte en vir ’n skuilplek en beskerming teen die storm en die reën.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 3
Top of Page
Top of Page