Hoshea 14
Afrikaans PWL
1(14:2) Keer terug, o Yisra’el, na יהוה, jou God, want jy het gestruikel deur jou onregverdigheid.

2(14:3) Neem woorde saam met julle en keer terug na יהוה. Sê vir Hom: “Verwyder alle onregverdigheid en ontvang ons goedgunstiglik sodat ons die vrug van ons lippe kan aanbied.

3(14:4) “Ashur kan ons nie red nie, ons sal nie op perde ry nie en ons sal ook nie meer sê: ‘Ons god,’ vir die werk van ons hande nie, want in U vind die weeskind onverdiende guns.”

4(14:5) Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle vrylik liefhê, want My woede het van hulle af weggedraai.

5(14:6) Ek sal vir Yisra’el wees soos die dou; hy sal bloei soos die lelie en hy sal wortelskiet soos die L’vanon.

6(14:7) Sy lote sal uitgroei en sy prag sal wees soos die olyfboom en sy geur soos die L’vanon.

7(14:8) Die wat in Sy skaduwee leef, sal weer koring groei en hulle sal bloei soos die wingerdstok. Sy bekendheid sal wees soos die wyn van L’vanon.

8(14:9) O Efrayim, wat het Ek nog met afgode te doen? Dit is Ek wat antwoord en na jou kyk. Ek is soos ’n weelderige Sipres; van My af kom jou vrug.

9(14:10) Wie ook al wys is, laat hom hierdie dinge verstaan; wie ook al onderskeiding het, laat hom dit ken! Want die lewenswyse van יהוה is reg en die onpartydige en opregte sal daarin loop, maar die oortreders sal daarin struikel!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse Vertaling (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Hosea 13
Top of Page
Top of Page