Hosea 13
Afrikaans PWL
1Wanneer Efrayim gepraat het, was daar bewing; hy het homself opgelig in Yisra’el, maar deur Ba’al het hy verkeerd gedoen en gesterf

2en nou sondig hulle meer en meer en maak vir hulleself gegote beelde, bekwaam gemaak van silwer, almal die werk van vakmanne. Hulle sê vir hulle: “Laat die man wat offer, die kalwers soen!”

3Hulle sal daarom soos die oggendwolk wees en soos dou wat gou verdwyn, soos kaf wat weggewaai word vanaf die dorsvloer en soos rook uit ’n skoorsteen.

4Tog was Ek, יהוה, sedert die land van Mitzrayim, jou God en buiten My moes jy geen God geken het nie, want daar is geen redder buiten My nie.

5Ek het vir jou gesorg in die wildernis, in die land van droogtes.

6Soos hulle hul weiding gehad het, het hulle versadig geword en versadig, het hulle verstand, wil en emosie hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.

7Ek sal vir hulle soos ’n leeu wees, soos ’n luiperd sal Ek langs die pad lê en wag.

8Ek sal teen hulle kom soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is en Ek sal hulle borskaste oopbreek; daar sal Ek hulle ook verslind soos ’n leeuin, soos ’n wilde dier hulle sal verskeur.

9Dit is tot jou vernietiging, o Yisra’el, dat jy teen My, jou Helper, is.

10Waar is jou koning nou dat hy jou in al jou stede kan red en jou regters van wie jy gevra het: “Gee vir my ’n koning en prinse”?

11Ek het vir jou ’n koning gegee in My woede en hom weggevat in My toorn.

12Die onregverdigheid van Efrayim is opgebind; sy sonde opgestoor.

13Die pyn van kindergeboorte kom oor hom; hy is nie ’n wyse seun nie, want dit is nie die tyd dat hy moet uitstel om as eersteling gebore te word nie.

14Sal Ek hulle loskoop uit die krag van Sh’ol? Sal Ek hulle terugkoop uit die dood? Dood, waar is jou dorings? Sh’ol, waar is jou angel? Vertroosting is verborge vir My oë.

15Alhoewel hy floreer tussen die riete sal ’n Oostewind kom, die wind van יהוה, wat uit die wildernis opkom en sy fontein sal droog word en sy bron sal opgedroog wees. Dit sal sy skat van alle kosbare voorwerpe plunder.

16(14:1) Shomron sal skuldig gehou word, want sy het teen haar God rebelleer. Hulle sal val deur die swaard, hulle kinders sal in stukkies verpletter word en hulle verwagtende vroue sal oopgesny word.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Hosea 12
Top of Page
Top of Page