Amos 7
Afrikaans PWL
1Dit het יהוה-God my laat sien en let op, Hy het ’n sprinkaanswerm gevorm toe die lente-oes begin uitspruit en let op, die lente-oes was nadat die koning gemaai het.

2Dit het gebeur, toe hulle klaar was om die gewasse van die land te eet, dat ek gesê het: “יהוה-God, spreek vry asseblief! Hoe kan Ya’akov staan, want hy is klein?”

3יהוה het Sy gedagtes hieroor verander. “Dit sal nie gebeur nie,” het יהוה gesê.

4Dit het יהוה-God my laat sien en let op, יהוה-God het geroep om met hulle in stryd te gaan deur vuur en dit het die groot ondergrondwater verteer en het begin om die landerye te verteer.

5Toe het ek gesê: “יהוה-God, hou op asseblief! Hoe kan Ya’akov staan, want hy is klein?”

6יהוה het Sy gedagtes hieroor verander. “Dit sal ook nie gebeur nie,” het יהוה-God gesê.

7Dit het Hy my laat sien en let op, יהוה het by ’n loodregte muur gestaan met ’n skietlood in Sy hand.

8יהוה het vir my gesê: “Wat sien jy, `Amos? Ek het geantwoord: “’n Skietlood.” Toe sê יהוה: “Let op, Ek is op die punt om ’n skietlood in die midde van My volk Yisra’el te sit. Ek sal hulle nie langer spaar nie.

9Die hoë plekke van Yitz’gak sal verlate gemaak word en die afgesonderde plekke van Yisra’el verwoes word. Dan sal Ek teen die huis van Yarov’am opstaan met die swaard.”

10Toe het Amatzyah, die priester van Beit-El, na Yarov’am, koning van Yisra’el, gestuur en gesê: “`Amos het teen u saamgesweer midde-in die huis van Yisra’el; die land kan nie al sy woorde uithou nie, 11want so het `Amos gesê: ‘Yarov’am sal deur die swaard sterf en Yisra’el sal sekerlik vanaf sy land in ballingskap gaan.’” 12Toe sê Amatzyah vir `Amos: “Gaan, siener, vlug weg na die land van Y’hudah, eet daar brood en profeteer daar, 13maar moenie langer in Beit-El profeteer nie, want dit is ’n afgesonderde plek van die koning en ’n koninklike blyplek.”

14Toe het `Amos Amatzyah geantwoord: “Ek is nie ’n profeet en ook nie die seun van ’n profeet nie, want ek is ’n veewagter en kweker van wildevyebome, 15maar יהוה het my agter die kleinvee weggevat en יהוה het vir my gesê: ‘Gaan, profeteer vir My volk Yisra’el.’ 16Hoor en gee nou ag op die boodskap van יהוה! Jy sê: ‘Jy mag nie teen Yisra’el profeteer of teen die huis van Yitz’gak praat nie;’ 17daarom, so sê יהוה: ‘Jou vrou sal ’n hoer word in die stad, jou seuns en jou dogters sal deur die swaard val, jou grond sal verdeel word met die meetlyn en jy self sal op onrein grond sterf. Meer nog, Yisra’el sal sekerlik vanaf sy land in ballingskap gaan.’”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Amos 6
Top of Page
Top of Page