Afrikaans PWL 1Elisha het met die vrou gepraat wie se seun hy lewendig gemaak het en gesê: “Staan op en gaan saam met jou huisgesin en bly as vreemdeling waar jy kan bly, want יהוה het ’n hongersnood uitgeroep en dit sal oor die land kom vir sewe jaar.
2Die vrou het opgestaan en gedoen volgens die woord van die man van God en sy het met haar huisgesin gegaan en as vreemdeling vir sewe jaar lank in die land van die F’lishtyne gebly.
3Aan die einde van sewe jaar het die vrou uit die land van die F’lishtyne teruggekom en uitgegaan om ’n beroep op die koning te doen vir haar huis en haar grond.
4Die koning het met Geigazi, die dienskneg van die man van God, gepraat en gesê: “Vertel my asseblief al die groot dinge wat Elisha gedoen het.”
5Terwyl hy die koning vertel hoe hy die een wat dood was lewendig gemaak het, let op, appelleer die vrou wie se seun hy lewendig gemaak het, tot die koning vir haar huis en haar grond. Geigazi sê: “My meester, o koning, hierdie is die vrou en hierdie is haar seun, wat Elisha lewendig gemaak het.”
6Toe die koning die vrou vra, het sy hom vertel. Toe stel die koning vir haar ’n sekere amptenaar aan en sê: “Herstel alles wat aan haar behoort en ook die hele opbrengs van die grond, van die dag af dat sy die land verlaat het, tot nou toe.” 7Elisha het na Dammesek gekom. Ben-Hadad, die koning van Aram, was siek en dit is vir hom gesê: “Die man van God het hierheen gekom.” 8Die koning sê vir Haza’el: “Vat ’n geskenk in jou hand en gaan ontmoet die man van God en doen navraag by יהוה deur hom en vra: “Sal ek van hierdie siekte herstel?” 9Haza’el het hom gaan ontmoet en ’n geskenk van veertig kameelvragte in sy hand gevat, allerhande goeie goed van Dammesek en hy het gekom en voor hom gaan staan en gesê: “U seun Ben-Hadad, koning van Aram, het my na u toe gestuur om te vra: “Sal ek herstel van hierdie siekte?” 10Elisha antwoord hom: “Gaan, sê vir hom: ‘Jy sal sekerlik herstel,’ maar יהוה het my laat sien dat hy sekerlik sal sterf.” 11Hy het strak na hom gekyk totdat hy verleë was en die man van God het gehuil. 12Haza’el sê: “Waarom huil my meester?” Toe antwoord hy: “Omdat ek weet watter boosheid jy die seuns van Yisra’el sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard doodmaak en hulle jong kinders verpletter en hulle swanger vroue oopsny.” 13Toe sê Haza’el: “Wat is u dienskneg, ’n hond, dat hy hierdie groot ding sou doen?” Elisha antwoord: “יהוה het my gewys dat jy koning oor Aram sal wees.” 14Hy het van Elisha af weggegaan en na sy meester teruggegaan, wat vir hom vra: “Wat het Elisha vir jou gesê?” Hy antwoord: “Hy het vir my gesê dat U sekerlik sal herstel.” 15Die volgende dag het hy die bedsprei gevat en dit in water gedoop en oor sy gesig uitgesprei sodat hy gesterf het en Haza’el het koning geword in sy plek. 16In die vyfde jaar van Y’horam, die seun van Ag’av, koning van Yisra’el, Y’hoshafat was toe koning van Y’hudah, het Y’horam, die seun van Y’hoshafat, koning van Y’hudah, koning geword. 17Hy was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en hy het agt jaar lank in Yerushalayim geheers. 18Hy het geloop op die pad van die konings van Yisra’el, net soos die huis van Ag’av gedoen het, want die dogter van Ag’av het sy vrou geword en hy het gedoen wat boos was in die oë van יהוה. 19Tog wou יהוה Y’hudah nie vernietig nie, ter wille van Dawid, Sy dienskneg, aangesien Hy hom belowe het om altyd vir hom ’n lamp deur sy seuns te gee. 20In sy dae het die Edomiete van onder die hand van Y’hudah in opstand gekom en ’n koning oor hulleself aangestel. 21Toe het Y’horam oorgegaan na Tza’ir en al sy strydwaens saam met hom. Hy het in die nag opgestaan en die Edomiete verslaan wat hom en die bevelvoerders van die strydwaens omsingel het, maar sy manne het na hulle tente gevlug. 22So het die Edomiete teen Y’hudah in opstand gekom tot vandag toe. Toe het Livnah in dieselfde tyd in opstand gekom. 23Die res van die dade van Y’horam en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie? 24Y’horam is neergelê by sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid en sy seun, Agazyah, het in sy plek koning geword. 25In die elfde jaar van Y’horam, die seun van Ag’av, die koning van Yisra’el, het Agazyah, die seun van Y’horam, koning van Y’hudah, begin heers. 26Agazyah was twee en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir een jaar in Yerushalayim regeer en die naam van sy moeder was `Atalyahu, die dogter van `Omri, koning van Yisra’el. 27Hy het geloop in die lewenswyse van die huis van Ag’av en boos gedoen in die oë van יהוה, soos die huis van Ag’av, want hy was ’n skoonseun van die huis van Ag’av. 28Toe het hy saam met Y’horam, die seun van Ag’av, in oorlog gegaan teen Haza’el, koning van Aram, by Ramot-Gil’ad en die Arameërs het Y’horam gewond. 29Koning Y’horam het teruggekeer om in Yizre’el te herstel van die wonde wat die Arameërs hom toegedien het by Ramah toe hy teen Haza’el, koning van Aram baklei het. Agazyah, die seun van Y’horam, koning van Y’hudah, het afgegaan om Y’horam, die seun van Ag’av, in Yizre’el te besoek, want hy was siek. Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission. Bible Hub |