2 Kronieke 23
Afrikaans PWL
1In die sewende jaar het Y’hoyadah homself versterk saam met die bevelvoerders oor ’n honderd: `Azaryah, die seun van Yerogam, Yishma’el, die seun van Y’hoganan, `Azaryah, die seun van `Oved, Ma’aseiyahu, die seun van `Adayahu en Elishafat, die seun van Zikhri. 2Hulle het rondgegaan in Y’hudah en die Leviete bymekaargemaak uit al die stede van Y’hudah en die hoofde van die vaders van Yisra’el en hulle het na Yerushalayim gekom. 3Die hele vergadering het in die huis van יהוה met die koning ’n verbond gesluit. Y’hoyadah het vir hulle gesê: “Let op, die seun van die koning moet oor julle heers soos יהוה met Dawid, Sy dienskneg, gepraat het. 4Dit is wat julle moet doen: ’n derde deel van julle wat op die Shabbat in die tempel ingaan; van die priesters, die Leviete en die poortwagters; sal op wag wees. 5’n Derde deel sal by die huis van die koning wees en ’n derde deel by die Fondasiepoort en die hele volk sal op wag wees in die howe van die huis van יהוה. 6Niemand mag egter in die huis van יהוה ingaan nie, behalwe die priesters en die Leviete; húlle mag ingaan, want hulle is afgesonderd, maar die hele volk moet waghou oor die huis van יהוה. 7Die Leviete moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand en wie anders ook al die binneste van die huis ingaan, moet gedood word, maar julle moet by die koning wees as hy in- en as hy uitgaan.”

8Die Leviete en die hele Y’hudah het gedoen net soos die priester Y’hoyadah beveel het: elkeen het sy manne gevat wat op die Shabbat moes waghou saam met die wat op die Shabbat uitgaan, want Y’hoyadah, die priester, het hulle van hulle pligte onthef. 9Y’hoyadah, die priester, het aan die bevelvoerders oor ’n honderd die spiese, die klein skilde en die skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van יהוה was. 10Elke man het opgestaan met sy wapen in sy hand, van die regterkant van die tempel af tot by die linkerkant van die tempel, by die altaar en na die tempel toe en rondom die koning. 11Toe het hulle die seun van die koning uitgebring en die kroon op sy kop gesit, aan hom die septer gegee en hom koning gemaak. Y’hoyadah en sy seuns het hom gesalf en gesê: “Lank leef die koning!”

12Toe `Atalyah die klanke van die mense hoor wat hulle verheug en יהוה loof, het sy na die koning toe gekom in die huis van יהוה. 13Sy het gekyk en let op, die koning staan by die pilaar volgens die gebruik van die konings en die volk het met reguit en gebuigde trompette geblaas voor die koning en die hele volk was verheug en het op trompette geblaas met die sangers, begelei met musiekinstrumente. Toe skeur `Atalyah haar klere en roep uit: “Verraad, verraad!” 14Toe het Y’hoyadah, die priester, die bevelvoerders oor ’n honderd, wat oor die leër aangestel is, beveel en vir hulle gesê: “Vat haar weg uit die rye uit en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word,” want die priester het gesê: “Julle mag haar nie in die huis van יהוה doodmaak nie.” 15Toe het hulle vir haar ’n pad oopgemaak en sy het na die ingang van die Perdepoort gegaan en is daar doodgemaak.

16Y’hoyadah het ’n verbond gesluit tussen homself en die hele volk en tussen homself en die koning sodat hulle יהוה se volk sou wees. 17Toe het die hele volk na die tempel van Ba’al gegaan en dit afgebreek en sy altare en beelde in stukke geslaan en die priester van Ba’al voor die altaar doodgemaak. 18Y’hoyadah het ook amptenare in die huis van יהוה aangestel en die Leviete en priesters wat Dawid ingedeel het in afdelings, om in beheer te wees van die huis van יהוה om brandoffers aan יהוה te offer, soos dit geskryf is in die wet van Moshe, met blydskap en sang, soos Dawid dit ingestel het, aangestel. 19Hy het poortwagters by die poorte van die huis van יהוה gesit sodat niemand kon inkom wat in enige opsig onrein was nie. 20Hy het die bevelvoerders oor ’n honderd gevat en die goewerneurs van die volk en al die mense van die land en hulle het deur die Boonste poort van die koning se huis gegaan en hom op die koninkryk se troon laat sit. 21Die hele volk van die land het hulle verbly en met trompette geblaas nadat hulle `Atalyah met die swaard doodgemaak het.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Chronicles 22
Top of Page
Top of Page