2 Kronieke 1
Afrikaans PWL
1Shlomo, die seun van Dawid, is onveranderlik versterk in sy koninkryk en יהוה, sy God, was by hom en het hom uitermate opgelig bo al die konings van die aarde.

2Toe het Shlomo met die hele Yisra’el gepraat, met die bevelvoerders oor ’n duisend en oor ’n honderd en met die regters en met al die prinse, die familiehoofde. 3Shlomo en almal wat by hom was, het na ’n groot feesmaal gegaan by die dorp Giv’on, want die Tent van Bymekaarkoms van יהוה, wat Moshe, die kneg van יהוה, in die woestyn gemaak, het was daar. 4Dawid het die ark van יהוה uit Kiryat-Ye’arim laat bring na die plek wat Dawid daarvoor voorberei het, want hy het ’n tent in Yerushalayim daarvoor opgeslaan. 5Die koper altaar wat B’tzal’el, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, was ook daar voor die tabernakel van יהוה en Shlomo en die hele vergadering van Yisra’el het daarheen gegaan. 6Shlomo het daar op die koper altaar, wat by die Tent van Ontmoeting was, ’n duisend brandoffers gebring.

7Daardie nag het יהוה aan Shlomo verskyn in ’n visioen en vir hom gesê: “Vra wat Ek aan jou moet gee.”

8Shlomo het vir יהוה gesê: “U het aan my vader, Dawid, groot onverdiende guns bewys en my in sy plek laat heers. 9O יהוה, my God, laat U belofte aan my vader, Dawid, bevestig word, want U het my koning gemaak oor hierdie volk, talryk soos die stof van die aarde. 10Gee nou vir my wysheid en kennis sodat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?” 11Toe sê God aan Shlomo: “Omdat dít in jou gedagtes was en jy nie rykdom, eer en die lewe van jou vyande of ’n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jouself gevra het om My volk, waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer, 12gee Ek ook aan jou die dinge wat jy nie gevra het nie. Ek sal vir jou wysheid, kennis, rykdom, skatte en eer gee soos wat die konings wat voor jou was, nie gehad het nie en niemand ná jou ook sal hê nie. 13Shlomo het vanaf sy reis, na die groot feesmaal van voor die Tent van Ontmoeting, wat by die dorp Giv’on, oos van Yerushalayim, was, gekom en oor die hele Yisra’el regeer.

14Shlomo het strydwaens en perderuiters bymekaargemaak en hy het een duisend vier honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad, wat hy in die stede vir strydwaens en sommige by die koning in Yerushalayim gesit het. 15Die koning het silwer in Yerushalayim so algemeen gemaak soos klippe en seders so volop soos wildevyebome wat in die Laagland is. 16Die koning se handelaars het vir Shlomo perde gekoop vanaf Mitzrayim en vanaf die stede van Keveh vir ’n prys. 17Hulle het gegaan en ’n strydwa uit Mitzrayim gebring vir ses honderd sikkels silwer en ’n perd vir ’n honderd en vyftig en so het hulle deur die koning se handelaars perde gebring vir al die konings van die Hittiete en die konings van Aram.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Chronicles 29
Top of Page
Top of Page