Sagaria 6
Afrikaans PWL
1Ek het weer my oë opgelig en gekyk en let op, vier strydwaens het tussen die twee berge uitgekom en die berge was koper berge. 2By die eerste strydwa was rooi perde, by die tweede strydwa swart perde, 3by die derde strydwa wit perde en by die vierde strydwa sterk bont perde. 4Toe het ek gepraat en vir die boodskapper wat met my gepraat het, gesê: “Wat is hierdie, my meester?” 5Die boodskapper het my geantwoord: “ Hierdie is die vier geeste van die hemel wat uitgaan nadat hulle voor die Meester van die hele aarde gestaan het, 6met een, wat die swart perde trek, wat gaan na die land van die noorde en die wittes gaan uit agter hulle aan terwyl die bontes na die land van die suide gaan 7en die rooies het uitgegaan en was ywerig om te gaan om die aarde te patrolleer.” Hy het gesê: “Gaan, patrolleer die aarde!” Hulle het die aarde patrolleer. 8Toe het Hy na my geroep en vir my dit gesê: “Kyk, die wat na die land van die noorde gaan, het My toorn gekalmeer in die land van die noorde.”

9Die boodskap van יהוה het ook tot my gekom en gesê: 10“Ontvang van die ballinge, van Heldai, Toviyah en Y’da’yah en gaan dieselfde dag die huis van Yoshiyah, die seun van Tz’fanyah, waar hulle vanaf Bavel aangekom het, in.

11Vat silwer en goud, maak ’n kroon en sit dit op die kop van Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester. 12Sê dan vir hom: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Let op, daar kom ’n Man wie se Naam Spruit is, want Hy sal uitspruit van waar Hy is en Hy sal die tempel van יהוה bou. 13Ja, dit is Hy wat die tempel van יהוה sal bou en Hy sal die eer dra en sit en heers op Sy troon. So sal Hy ’n Priester wees op Sy troon en die raad van vrede sal tussen die twee instellings wees.’” 14Nou sal die kroon ’n herinnering word in die tempel van יהוה vir Heldai, Toviyah, Y’da’yah en Hen die seun van Tz’fanyah. 15Die wat ver is, sal kom en die tempel van יהוה bou.” Dan sal julle weet dat יהוהTzva’ot my na julle toe gestuur het en dit sal gebeur as julle יהוה, julle God, volledig gehoorsaam.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Zechariah 5
Top of Page
Top of Page