Sagaria 12
Afrikaans PWL
1Die visioen van die boodskap van יהוה aangaande Yisra’el: so verklaar יהוה, wat die hemele uitstrek, die aarde se fondasies lê en die gees van die mens binne- in hom vorm:

2“Let op, Ek gaan van Yerushalayim ’n beker maak wat gaan veroorsaak dat al die volke rondom slinger en wanneer die beleëring teen Yerushalayim is, sal dit ook teen Y’hudah wees. 3Dit sal gebeur op daardie dag dat Ek Yerushalayim tot ’n baie swaar klip maak vir al die volke; almal wat dit optel, sal ernstig beseer word en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word. 4In daardie dag,” verklaar יהוה, “sal Ek elke perd met verwarring slaan en sy ruiter met waansin, maar Ek sal waak oor die huis van Y’hudah terwyl Ek elke perd van die volke met blindheid slaan, 5dan sal die families van Y’hudah in hulle verstand, wil en emosie sê: ‘Die inwoners van Yerushalayim is vir ons ’n sterk ondersteuning deur יהוה-Tzva’ot, hulle God.’

6In daardie dag sal Ek die families van Y’hudah maak soos ’n pot met vuur tussen stukkies hout en ’n brandende fakkel onder gerwe, so sal hulle aan die regterkant en aan die linkerkant al die volke rondom verteer terwyl die inwoners van Yerushalayim weer op hulle eie plekke in Yerushalayim sal bly. 7יהוה sal ook eerste die tente van Y’hudah red sodat die lof en eer van die huis van Dawid en die lof en eer van die inwoners van Yerushalayim nie opgelig sal word bo Y’hudah nie. 8In daardie dag sal יהוה die inwoners van Yerushalayim verdedig en die swakkes onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid en die huis van Dawid sal wees soos God, soos die boodskapper van יהוה, voor hulle. 9Ek sal in daardie dag begin om al die nasies wat teen Yerushalayim kom, te vernietig.

10Ek sal die Gees van onverdiende guns en van smeekbede oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Yerushalayim uitgiet en hulle sal opkyk na My vir Wie hulle deurboor het en hulle sal oor Hom rou soos ’n mens rou oor ’n enigste seun en hulle sal bitterlik oor Hom huil soos die bitterlike gehuil oor ’n uniek eersgeborene. 11In daardie dag sal daar ’n groot rou wees in Yerushalayim, soos die rou van Hadad-Rimmon in die vlakte van Megiddo. 12Die land sal rou, elke familie by homself; die familie van die huis van Dawid afsonderlik en hulle vroue afsonderlik; die familie van die huis van Natan afsonderlik en hulle vroue afsonderlik; 13die familie van die huis van Levi afsonderlik en hulle vroue afsonderlik; die familie van Shim’i afsonderlik en hulle vroue afsonderlik. 14Al die ander families, elke familie afsonderlik en hulle vroue afsonderlik.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Zechariah 11
Top of Page
Top of Page