Hooglied 3
Afrikaans PWL
1Op my bed snags het ek gesoek na die een wat my lewe liefhet; ek het hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

2Ek sal nou opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine sal ek hom soek wat my lewe liefhet; ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gevind nie.

3Die wagte wat in die stad rondgaan, het my gekry; ek het vir hulle gevra: “Het julle hom wat my lewe liefhet gesien?”

4Skaars het ek by hulle verbygegaan, of ek het hom wat my lewe liefhet gevind; ek het hom vasgehou en wou hom nie los voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat geboorte aan my gegee het nie.

5Ek smeek julle, dogters van Yerushalayim, by die gaselle of by die jong bokke van die veld om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat die liefde wil nie.

6Wie is dit wat opkom uit die wildernis soos rookpilare, gegeurd met mirre en wierook, saamgestel uit allerhande gepoeierde soet speserye?

7Let op, die draagstoel van Shlomo is omring deur sestig magtige manne van die helde van Yisra’el,

8hulle almal met swaarde, deskundiges in oorlog; elkeen met sy swaard aan sy heup as gevolg van vrees in die nag.

9Koning Shlomo het vir homself ’n paleis gemaak van die hout van L’vanon;

10sy pilare het hy van silwer gemaak, die vloer van goud, sy bedekking van purper, die binnekant daarvan uitgeteel met ’n liefdesgeskenk van die dogters van Yerushalayim.

11Gaan uit, dogters van Tziyon en let op na koning Shlomo met die kroon waarmee sy moeder hom bekroon het op sy troue en op die dag van die blydskap van sy verstand, wil en emosie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Song of Solomon 2
Top of Page
Top of Page