Openbaring 15
Afrikaans PWL
1Ek het ’n ander groot en wonderlike teken in die hemel gesien: sewe engele met die sewe laaste plae, want in húlle is God se wraak afgehandel.

2Ek het ook iets soos ’n see van glas, gemeng met vuur, gesien en dié wat onskuldig was aangaande die dier, sy beeld en die getal van sy karakter en outoriteit (naam), het oorkant die see van glas gestaan, met die snaarinstrumente van GodEks 15:1-19; Deut 32:1-43 die dienskneg van God en die lied van die Lam gesing en gesê: “Groot en wonderlik is U dade, יהוה-God-Almagtig, wat alles vashou, onskuldig en waar is U dade,Ps 86:9-10; Ps 92:6; Ps 98:1; 1 Kro 16:9,12 Koning van die wêreld!

3en hulle het die lied van Moshe,Z’kh 14:16-20; Mat 22:16

4Wie sal U nie respekvol vrees nie יהוה en U Karakter en Outoriteit (Naam) nie eer en loof nie, want U alleen is Afgesonderd; daarom sal al die nasies kom en voor U aanbid omdat U Waarheid is.”

5Ná hierdie dinge het ek gesien dat die tempel (die tent van die getuienis in die hemel) oopgemaak is 6en sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgegaan, aangetrek met stralende skoon linne, om die bors vasgebind met goue gordels. 7Een van die vier wesens het aan die sewe engele sewe flesse gegee, vol van die woede van God, wat die Lewe is vir tydlose ewigheid. Dit is waar. 8Die tempel was vol rook vanuit die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God en vanuit Sy Mag en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele afgehandel is nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse Vertaling (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Revelation 14
Top of Page
Top of Page