Psalms 84
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: op ’n Gittitiese harp, ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek. 2 Hoe lieflik is U tente, o יהוה-Tzva’ot!

2My lewe verlang, ja, smag na die voorhowe van יהוה; my verstand, wil en emosie en my vlees roep uit van vreugde tot die lewende God.

3Selfs die swaweltjie het ’n huis gevind en die duif ’n nes vir haarself, waar hulle hul kleintjies naby U altare grootmaak, יהוה-Tzva’ot, my Koning en my God!

4Gelukkig is hulle wat in U huis bly; hulle sal U helder en duidelik loof vir ewig.

5Gelukkig is die mens wie se hulp vanaf U is, in wie se verstand, wil en emosie U lewenswyse is.

6Hulle het deur die vallei van trane gegaan en dit ’n blyplek gemaak; die Wetgewer sal dit oordek met seëninge.

7Hulle sal gaan van krag tot krag; die God van die gode sal in Tziyon gesien word.

8יהוה, God van die leërmagte, hoor my gebed; luister, o God van Ya’akov!

9Let op, o God, ons Skild en kyk na die gesig van U gesalfde,

10want ’n dag in U howe is beter as ’n duisend; ek sal eerder kies om te bly in die huis van my God as om te bly in die tente van die bose,

11want יהוה-God is ons Voorsiener en ons Helper; יהוה sal onverdiende guns, lof en eer gee; Hy sal geen goeie ding terughou van hom wat opreg lewe nie.

12יהוה-Tzva’ot, gelukkig is die mens wat in U vertrou!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 83
Top of Page
Top of Page