Psalms 82
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Asaf, met instrumentale musiek. God staan in die godsvergadering; Hy oordeel oor die gode.

2Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die bose?

3Verdedig die armes en die vaderlose; gee regverdigheid aan die siekes en die behoeftiges.

4Bevry die armes en behoeftiges uit die hand van die bose.

5Hulle weet nie en sal ook nie verstaan nie; hulle loop aan in duisternis; al die fondasies van die aarde word geskud.

6Ek het gesê: “Julle is gode; almal van julle is seuns van die Allerhoogste.”

7Van nou af sal julle sterf soos mense en val soos een van die prinse.

8Staan op, o God, oordeel die aarde, want U het ’n erfenis onder al die nasies.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 81
Top of Page
Top of Page