Psalms 80
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: op die wysie van “Lelies,” ’n gedig van Asaf, met instrumentale musiek. 2 Luister, o Herder van Yisra’el, U wat Yosef soos ’n trop lei, U wat sit op die gérubs, gee lig!

2Wys U krag voor Efrayim, Binyamin en M’nasheh en kom en red ons!

3Lei ons weer, o Magtige God en laat U gesig skyn en ons sal gered word.

4O יהוה, God van die leërmagte, hoe lank sal U kwaad wees teen die gebed van U volk?

5U voed hulle met die brood van trane en gee vir hulle trane in oorvloed om te drink.

6U het van ons ’n grap gemaak teenoor ons bure en ons vyande lag teenoor hulleself.

7Lei ons weer, o God van die leërmagte en laat U gesig skyn en ons sal gered word!

8U het ’n wingerdstok uit Mitzrayim gebring; U het die ander nasies verdrywe en hom geplant.

9U het die grond voorberei en dit diep laat wortelskiet en die land gevul.

10Die berge was oordek met sy skaduwee en sy ranke was oor die seders van God.

11Hy het sy wortels uitgestuur tot by die see en sy takke na die riviere toe.

12Waarom het U dan sy skanse stukkend gebreek sodat almal wat met die pad verbygaan, oor hom trap?

13Die wildevark uit die bos eet hom op en die wilde diere van die veld eet van hom.

14Ons smeek U om terug te kom, o God van die leërmagte, kyk vanaf die hemel en let op en besoek hierdie wingerdstok

15wat U regterhand geplant het en die tak wat U vir Uself sterk gemaak het.

16Dit is met vuur verbrand, dit is afgekap; hulle sterf weens die teregwysing van U Teenwoordigheid.

17Laat U regterhand wees oor die man en die seun van ’n mens wat U vir Uself sterk gemaak het.

18Ons sal nie van U af teruggaan nie; herstel ons en ons sal U Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep.

19Lei ons weer, o יהוה, God van die leërmagte, laat U gesig skyn en ons sal gered word.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 79
Top of Page
Top of Page