Psalms 64
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Luister na en hoor my stem, o God, as ek tot U bid; bewaar my lewe van vrees vir my vyande.

2Steek my weg vir die boosheid van die bose een, van die korrupsie van die werkers van boosheid,

3wat hulle tong skerp maak soos ’n swaard, hulle woorde vergiftig met gif soos aan ’n pyl

4dat hulle in die geheim op die onskuldige kan skiet; skielik skiet hulle op hom en vrees nie.

5Hulle bemoedig hulself met bose woorde, hulle beplan om strikke weg te steek en hulle sê: “Wie sal ons sien?”

6Hulle beplan boosheid, maar hulle word vernietig om sodoende die boosheid onder die mens te verteer vanuit die diepte van die verstand, wil en emosie,

7maar God is groot; Hy sal na hulle skiet met ’n pyl;

8so sal hulle tong stilgemaak word en almal wat hulle sien, sal bang wees.

9Alle mense sal vrees en die werke van God verkondig, want hulle sal met wysheid Sy werke ondersoek.

10Die onpartydige opregte sal bly wees in יהוה en in Hom vertrou en al die opregtes van verstand, wil en emosie sal Hom helder en duidelik loof.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 63
Top of Page
Top of Page