Psalms 57
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier op die wysie van “U moenie vernietig nie:” ’n gedig van Dawid, toe hy vir Sha’ul gevlug het in die grot. 2 Bewys aan my onverdiende guns, o God, bewys aan my onverdiende guns, want my lewe vertrou op U, ja, in die skaduwee van U vlerke sal ek my skuiling maak totdat hierdie katastrofes verbygegaan het.

2Ek sal uitroep tot God, die Allerhoogste (Elyon), tot God my Verlosser,

3want Hy het vanuit die hemel gestuur en my verlos; Hy het my vyande beskaam. God sal Sy goedheid en Sy waarheid uitstuur.

4Hy het my lewe bevry van die wreedaardige terwyl ek in vrees geslaap het; van die seuns van die mens, wie se tande spiese en pyle is en hulle tonge skerp swaarde.

5Wees U verhewe bo die hemele, o God, laat U Gemanifesteerde Teenwoordigheid bo die hele aarde wees!

6Hulle het ’n net vir my voete voorberei; hulle het ’n put vir my lewe gegrawe, waarin hulle self geval het.

7My binneste word voorberei, o God, my binneste is voorberei; ek wil sing en musiek maak in my lof, eer en aanbidding.

8Ontwaak, my harp, ontwaak, lier en harp! Ek self sal vroeg opstaan!

9Ek wil U loof en dank met uitgestrekte hande onder die volke, o יהוה, ek sal sing tot U Karakter en Outoriteit (Naam) onder die nasies,

10want U goedheid is verhef tot by die hemele en U getrouheid tot by die wolke.

11Wees U verhewe o God, bo die hemele, laat U lof, eer en aanbidding bo die hele aarde wees!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 56
Top of Page
Top of Page