Psalms 55
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier met snaarinstrumente: ’n onderriggewende gedig van Dawid.2 Luister na my gebed, o God en verberg U nie vir my smeking nie.

2Hoor my en antwoord my. Ek dwaal klaend rond en maak geraas,

3weens die stem van my vyand, weens die onderdrukking van die oortreders van die wet, want hulle het boosheid teen my beplan en my gehaat.

4My verstand, wil en emosie is gepynig in my en die angs van die dood het my oorval.

5Vrees en bewing kom oor my en die skadu van die dood het my oorweldig

6en ek het gesê: “Ag, as ek tog maar vlerke gehad het soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!

7Let op, dan sal ek ver weg vlieg en in die wildernis bly!

8Ek sal haastig ontsnap van die winderige storm en die tornado.”

9Vernietig hulle, o יהוה, verdeel hulle tong, want ek sien geweld en stryd in die stad.

10Dag en nag gaan hulle rondom sy mure daarmee voort; met boosheid, moeite en kommer daar binne.

11Boosheid is daar binne, onderdrukking en bedrog gaan nie uit sy strate uit weg nie,

12want dit is nie ’n vyand wat my onteer nie, dan sou ek dit kon dra. Dit is ook nie hy wat my haat, wat homself oplig teenoor my nie, dan sou ek myself vir hom wegsteek,

13maar dit was jy, ’n man soos ek, my volksgenoot en my vriend!

14Ons het ’n maaltyd saam geëet in die huis van God en in harmonie saam geloop.

15Bring die dood oor hulle, begrawe hulle lewendig in Sh’ol, want daar is boosheid in hulle midde.

16Wat my betref, ek beroep my op God en יהוה sal my red.

17In die aand, in die oggend en in die middag sal ek bid en hardop uitroep en Hy sal my stem hoor.

18Koop my lewe los van die wat te slim was vir my, van die wat my voortdurend teëgestaan het.

19God, die Ewige Een, sal hulle hoor en hulle verneder. Omdat hulle nie verander nie het hulle nie respekvolle vrees vir God nie.

20Hulle het hul hande uitgesteek teen hulle wat met hul vrede gehad het; hulle het Sy verbond verbreek.

21Hulle was bang vir die woede op Sy gesig en die toorn in Sy verstand, wil en emosie; Sy woorde is sagter as olie, tog so skerp soos die punt van ’n spies.

22Werp jou bekommernisse op יהוה en Hy sal vir jou sorg; Hy sal nooit dat die regverdige behoefte het nie,

23maar U, o God, sal manne van bloed en bedrog laat afgaan in die put van vernietiging; hulle sal nie hulle lewens uitleef nie, maar ék vertrou in U.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 54
Top of Page
Top of Page