Psalms 53
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier op die wysie van: “Mahalath (siekte):” ’n onderriggewende gedig van Dawid. Die dwaas sê in sy verstand, wil en emosie: “Daar is geen God nie!” Hulle is korrup en verwerplik in hulle boosheid; daar is niemand wat goed doen nie.

2God het vanuit die hemel gekyk na die seuns van die mens om te sien of daar enige iemand is wat verstaan en na God soek.

3Elke een van hulle het afgedwaal, hulle het almal saam vuil geword; daar is nie een wat goed doen nie, nee, nie een nie.

4Hierdie mense herken nie meer boosheid nie, hulle het My volk soos brood verteer; hulle het geen respekvolle vrees vir God nie.

5Dáár het hulle gevrees waar geen vrees was nie, want God het die beendere van die valse toneelspelers verstrooi; hulle is beskaamd gemaak, want God het hulle verag.

6Wie sal vanuit Tziyon aan Yisra’el verlossing gee? Wanneer God Sy volk uit gevangenskap terugbring, sal Ya’akov in die rondte swaai van vreugde en Yisra’el sal verheug wees!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 52
Top of Page
Top of Page