Psalms 41
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Geseënd is hy wat vir die armes sorg; יהוה sal hom bevry in die dag van moeilikheid.

2יהוה sal hom bewaar en hom aan die lewe hou en Hy sal hom seën op die aarde. Hy sal hom nie oorgee in die hand van sy vyande nie.

3יהוה sal hom versterk op sy siekbed; hy sal heeltemal herstel van sy siekte.

4Ek het gesê: “יהוה, gee my onverdiende guns en genees my, want ek het teen U gesondig.”

5My vyande praat boos teen my: “Wanneer sal hy sterf en sy naam vergaan?”

6Wanneer hulle kom om my te sien, dan praat hulle valshede en hulle verstand, wil en emosie beplan wetsoortredings; hulle gaan uit in die straat en skinder van my.

7Almal wat my haat fluister saam oor my; hulle beplan boosheid teen my.

8Hulle dink onregverdige beskuldigings teen my uit en sê: “Noudat hy siek in sy bed lê, sal hy nie weer opstaan nie.”

9Selfs die man wat my besoek, in wie ek vertrou het, wat my brood eet, het sy hakskeen teen my opgelig,

10maar U, o יהוה, gee my onverdiende guns en genees my sodat ek hulle mag terugbetaal!

11Hieraan weet ek dat U tevrede is met my: dat my vyande nie oor my juig nie.

12U hou my in my integriteit omhoog en sit my in U Teenwoordigheid vir ewig.

13Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el, vanaf ewigheid tot in ewigheid! Dit is ’n ewige waarheid.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 40
Top of Page
Top of Page