Psalms 21
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 O יהוה, die koning sal bly wees in U sterkte en in U verlossing sal hy hom grootliks verbly!

2U het vir hom sy hartsbegeerte gegee en die versoeke van sy lippe nie teruggehou nie,

3want U seën hom met goeie dinge; U sit ’n kosbare kroon op sy kop.

4Hy het van U lewe gevra, U het dit vir hom gegee; lengte van dae, vir ewig en ewig.

5Sy lof en eer is groot deur U verlossing; prag en praal en majesteit het U op hom gelê,

6want U maak hom vir ewig mees geseënd; U maak hom in U Teenwoordigheid met vreugde bly,

7want die koning vertrou in יהוה en deur die liefdevolle goedheid van die Allerhoogste sal hy nie geskud word nie.

8U hand sal al U vyande oormeester; U regterhand almal wat U haat.

9U sal hulle maak soos ’n vurige oond in die tyd van U woede; יהוה sal hulle verslind in Sy toorn en vuur sal hulle verteer.

10U sal hulle vrug van die aarde af vernietig en hulle nageslag vanuit die seuns van die mens,

11want hulle het boosheid teen U beplan; hulle het ’n listige plan beraam wat hulle nie in staat is om uit te voer nie,

12want U sal hulle dwing om te vlug; met U boogsnare sal U mik na hulle gesigte.

13Wees verhoog in U sterkte, o יהוה; ons wil sing en musiek maak oor U oorwinningskrag!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 20
Top of Page
Top of Page