Psalms 18
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier; van Dawid, die dienskneg van יהוה, wat die woorde van hierdie lied tot יהוה gesê het op die dag toe יהוה hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Sha’ul. 2 Hy het gesê: “Ek het U lief, יהוה, my Sterkte en Vertroue.

2יהוה is my Rots, my Vesting en my Bevryder. My Magtige God is my Helper by wie ek skuil, my Skild en die Horing van my verlossing, my Vesting.

3Lofwaardig is יהוה, waarop ek my beroep en so word ek van my vyande verlos.

4Bande van die dood het my omring en strome van wetsoortreders het my deurmekaar gemaak.

5Bande van Sh’ol was rondom my; strikke van die dood het my gekonfronteer.

6In my benoudheid het ek יהוה aangeroep en tot my God geroep om hulp; Hy het my stem vanuit Sy tempel gehoor en my hulpgeroep het voor Hom gekom, in Sy ore.

7Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en is geskud omdat Hy kwaad was.

8Rook het uit Sy toorn uit opgegaan en ’n vuur vanaf Sy gesig en kole is daardeur verteer.

9Hy het ook die hemele neergebuig en afgekom met dik donkerte onder Sy voete.

10Hy het op gérubs gery en gevlieg; voortgesnel op die vlerke van die wind.

11Hy het duisternis Sy bedekking gemaak; Sy pawiljoen rondom Hom was duisternis van waters; dik wolke in die lug.

12Vanuit die helderheid van Sy skaduwee het Sy dik wolke haelstene en kole van vuur gereën.

13יהוה het ook in die hemele gedonder en die Allerhoogste het Sy stem laat hoor; haelstene en kole van vuur.

14Hy het Sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; weerligstrale in oorvloed en hulle verwar.

15Toe het die strome van waters verskyn en die fondamente van die wêreld is blootgelê deur U bestraffing, o יהוה, deur die geblaas van die asem van U woede.

16Hy het uit die hoogte gestuur en my stilgemaak, Hy het my uit baie waters getrek.

17Hy het my bevry van my magtige vyande en van dié wat my haat, want hulle was te sterk vir my.

18Hulle het my konfronteer op die dag van my nood, maar יהוה was my Bevryder.

19Hy het my uitgelei na ’n aangename plek; Hy het my gered, want Hy het Hom oor my verheug.

20יהוה het my beloon volgens my onpartydige opregtheid; Hy het my vergeld volgens die reinheid van my hande,

21want ek het die lewenswyses van יהוה gehou en nie in opstand gekom teen my God nie,

22want al Sy oordele was voor my en Sy wette het ek nie van my verwyder nie.

23Ek was ook skuldloos by Hom en het myself versigtig weerhou van my wetsoortreding;

24daarom het יהוה my vergeld volgens my onpartydige opregtheid, volgens die reinheid van my hande voor Sy oë.

25Met die goedhartige wys U Uself goedhartig; met die opregte man wys U Uself opreg;

26met die reine wys U Uself rein, maar van die valse draai U weg,

27want U verlos die geteisterde volk, maar verneder die trotses,

28want U steek my lamp aan; יהוה, my God, verlig my duisternis,

29want met U kan ek ’n bende rowers stormloop en met my God kan ek oor ’n muur spring.

30Wat God betref: die pad van God is skuldloos; die boodskap van יהוה is suiwer; Hy is ’n Hulp vir almal wat op Hom vertrou,

31want wie is god buiten יהוה en wie is magtig soos ons God?

32Die God wat my met krag omgord en my pad volmaak maak;

33Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op hoë plekke;

34Hy leer my hande om oorlog te voer en versterk my arms soos ’n koper boog.

35U het ook vir my die skild van U verlossing gegee, U regterhand ondersteun my en U sagtheid maak my groot.

36U het my bene onder my standvastig gemaak sodat my enkels nie swak word nie.

37Ek sal my vyande agtervolg en hulle inhaal en ek sal nie terugkom voordat ek hulle vernietig het nie.

38Ek het hulle verbrysel sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete,

39want U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders aan my onderwerp.

40U het ook my vyande voor my uit verslaan sodat ek dié wat my haat kon stilmaak.

41Hulle het geroep om hulp, maar daar was niemand om te red nie; tot יהוה, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

42Toe het ek hulle fyn gemaal soos stof voor die wind; ek het oor hulle gestap soos die vuilgoed van die strate.

43U sal my red uit die oordele van die volke; U sal my aan die hoof stel van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, sal my dien,

44sodra hulle van my hoor sal hulle my gehoorsaam, vreemdelinge sal hulleself aan my onderwerp.

45Vreemdelinge sal stop en verhinder word om op hulle pad te loop.

46יהוה leef. Geseënd is die Een wat aan my krag gee; laat my God en my Verlosser hoog opgelig word!

47Die God wat namens my wraak neem en volke aan my onderwerp;

48Hy bevry my van my vyande; sekerlik lig U my op bo die wat teen my opstaan; U red my van wettelose mense;

49daarom wil ek U onder die nasies met uitgestrekte hande loof en prys, o יהוה en tot eer van U Naam (Karakter en Outoriteit) wil ek sing en musiek maak.

50Hy gee groot bevryding aan Sy koning en wys liefdevolle goedheid aan Sy gesalfde, aan Dawid en sy nageslag vir ewig.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 17
Top of Page
Top of Page