Psalms 16
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want ek soek skuiling by U.

2Ek het vir יהוה gesê: “U is my God en al my goedheid is van U.”

3Vir die afgesonderdes wat op die aarde is, sê ek ook: “Hulle is die lofwaardiges in wie al my behae is.”

4Die smarte van hulle wat U vir ’n ander verruil het, sal vermenigvuldig word; ek sal nie hulle drankoffers van bloed uitgiet of hulle name op my lippe neem nie.

5יהוה is die Deel van my erfenis en my Beker; U ondersteun my deel.

6Die maatlyne het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.

7Ek sal יהוה, wat my raad gegee het, loof; inderdaad onderrig my verstand my in die nag.

8Ek stel יהוה voortdurend voor my. Omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie geskud word nie;

9daarom is my verstand, wil en emosie bly en my lof en eer juig; my vlees sal ook in veiligheid bly,

10want U sal nie my lewe aan Sh’ol oorgee nie en ook nie U Afgesonderde Een verderwing laat smaak nie.

11U sal aan my die pad van die lewe bekend maak; in U Teenwoordigheid is daar volheid van vreugde, in U regterhand is daar plesiere vir ewig.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 15
Top of Page
Top of Page