Psalms 148
Afrikaans PWL
1Loof Yah helder en duidelik! Loof יהוה helder en duidelik vanuit die hemele; loof Hom helder en duidelik in die hoogtes!

2Loof Hom helder en duidelik, al Sy engele, loof Hom helder en duidelik, al Sy leërmagte!

3Loof Hom helder en duidelik, son en maan, loof Hom helder en duidelik, alle ligte en sterre!

4Loof Hom helder en duidelik, hemel van hemele en waters wat bo die hemele is!

5Laat hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה helder en duidelik loof, want Hy het gepraat en hulle is geskep.

6Hy het hulle ook vir ewig en ewig vasgestel; Hy het ’n vasgestelde wet gegee wat nie sal verbygaan nie.

7Loof יהוה helder en duidelik vanaf die aarde, julle groot monsters en al die dieptes!

8Vuur en hael, sneeu en ys, stormwind wat Sy boodskap uitvoer,

9berge en alle heuwels, vrugdraende bome en alle seders,

10wilde diere en alle vee, kruipende diere en vlieënde voëls,

11konings van die aarde en alle volke, prinse en alle regters op die aarde,

12beide jongmanne en maagde, oumense en jonges, laat hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה helder en duidelik loof,

13want Sy Naam (Karakter en Outoriteit) alleen is verhewe; Sy grootsheid is op aarde en in die hemele!

14Hy lig die horing van Sy volk hoog: die lofprysing van al Sy afgesonderdes; selfs vir die seuns van Yisra’el, ’n volk wat naby Hom is. Loof Yah helder en duidelik!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 147
Top of Page
Top of Page