Psalms 14
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Die dwaas het in sy verstand, wil en emosie gesê: “Daar is geen God nie.” Hulle is korrup, hulle het verwerplike dade gepleeg; daar is niemand wat goed doen nie.

2יהוה het vanuit die hemel afgekyk op die seuns van die mens, om te sien of daar enige een is wat verstaan, wat na God soek.

3Hulle het almal afgedraai, saam het hulle korrup geword; daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.

4Hulle herken nie die oortreders van die wet wat my volk opeet asof hulle brood eet nie en hulle roep יהוה nie aan nie.

5Dáár is hulle in groot angs, want God is by die regverdige geslag.

6Julle sal die raad van die geteisterdes tot skande maak, maar יהוה is sy toevlug.

7Ag, dat die verlossing van Yisra’el uit Tziyon sal kom! Wanneer יהוה Sy gevange volk herstel, sal Ya’akov bly wees, Yisra’el verheug.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 13
Top of Page
Top of Page