Psalms 125
Afrikaans PWL
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Hulle wat op die berg van Tziyon op יהוה vertrou, sal nie beweeg word nie, maar sal vir ewig daar bly.

2Soos die berge rondom Yerushalayim is, so is יהוה rondom Sy volk van nou af en vir ewig,

3want die lat van die bose sal nie rus op die toegestaande gedeelte van die regverdiges nie; net so sal die regverdiges nie hulle hande uitsteek na boosheid nie.

4Doen goed, o יהוה, aan die wat goed en opreg in hulle verstand, wil en emosie is.

5Dié wat op hulle verdraaide paaie leef, sal יהוה verstrooi saam met die werkers van sinnelose boosheid, maar vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid sal oor Yisra’el wees!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 124
Top of Page
Top of Page