Psalms 112
Afrikaans PWL
1Loof Yah helder en duidelik! Gelukkig is die man wat יהוה respekvol vrees, wat blymoedig gehoorsaam is aan Sy opdragte.

2Sy nageslag sal magtig wees op die aarde; hy sal geseënd wees in die geslag van die opregte.

3Oorvloed en rykdom sal in sy huis wees en sy onpartydige opregtheid duur vir ewig.

4Vir die opregtes skyn daar ’n lig in die duisternis. Hy het onverdiende guns en is vol omgee vir die regverdige.

5Gelukkig is die man wat omgee wys en eenheid bring; hy sal sy sake met oordeel bestuur.

6Hy sal sekerlik vir ewig nie beweeg word nie; die regverdige sal vir ewig onthou word.

7Hy sal nie vrees vir slegte tyding nie; sy verstand, wil en emosie is vasgestel, vertrouend op יהוה.

8Sy verstand, wil en emosie word versterk, hy sal nie vrees nie totdat hy op sy teëstanders neersien.

9Hy het vryelik uitgegee, hy het vir die armes gegee; sy onpartydige opregtheid duur vir ewig en ewig; sy horing sal opgelig word in eer.

10Die bose sal dit sien en is omgekrap; hy sal sy tande kners en wegsmelt; die begeerte van die bose sal vernietig word.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 111
Top of Page
Top of Page