Psalms 11
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier; van Dawid. In יהוה plaas ek my vertroue. Hoe kan julle vir my sê: “Vlug na die berge soos ’n voël?”

2Want let op, die wetsoortreder span die boog; hulle sit die pyl gereed op die snaar om in die donker te skiet na die opregtes van verstand, wil en emosie.

3As hulle die fondamente vernietig het, wat kan die regverdige doen?

4יהוה is in Sy afgesonderde tempel; die troon van יהוה is in die hemel; Sy oë let op, Sy ooglede ondersoek die seuns van die mens.

5יהוה toets die regverdige en die wetsoortreder, maar Sy wese haat die een wat geweld liefhet.

6Hy sal oor die wetsoortreder vangnette, vuur en swael laat reën en ’n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees,

7want יהוה is regverdig; Hy het onpartydige opregtheid lief; die opregtes sal Sy Teenwoordigheid sien.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 10
Top of Page
Top of Page