Psalms 1
Afrikaans PWL
1Gelukkig is die man wat nie lewe volgens die raadgewing van die wetsoortreders of staan op die pad van die sondaars of vertoef in die geselskap van spotters nie,

2maar sy vreugde is in die wet van יהוה en hy deurdink Sy wet dag en nag.

3Hy sal wees soos ’n boom wat geplant is by ’n waterstroom, wat sy vrugte gee op hulle tyd, waarvan die blare nie afval nie en alles wat hy doen, is voorspoedig.

4So is die wetsoortreders nie, maar soos kaf wat die wind wegwaai;

5daarom sal die wetsoortreders nie beoordeel word in die oordeel van, of die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie,

6want יהוה ken die lewenswyse van die regverdiges, maar die lewenswyse van die wetsoortreders sal vergaan.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 42
Top of Page
Top of Page