Spreuke 4
Afrikaans PWL
1My seuns, luister, hoor en doen die instruksies van ’n vader en luister na kennis en insig,

2want ek gee vir julle goeie instruksies, verlaat nie my wet nie,

3want ek was ook ’n seun vir my vader, sag en ’n uniek enigste geborene in my moeder se oë.

4Hy het my geleer en vir my gesê: “Laat jou verstand, wil en emosie my woorde vashou; onderhou my opdragte en leef en laat my wet wees soos die pupil van die oog.

5Verkry wysheid, verkry insig en draai nie weg van die woorde van my mond nie;

6verlaat dit nie en dit sal jou bewaar; jy moet dit liefhê, dan sal dit jou red.”

7Wysheid is die belangrikste ding; kry daarom wysheid en met jou hele wese, insig.

8As jy dit liefhet, sal dit jou verhoog; gryp dit vas en dit sal jou eer.

9Sy sal ’n ornament van liefdevolle goedheid op jou kop sit; ’n kroon van eer sal sy op jou plaas.

10Luister, hoor en doen, my seun en ontvang my gesegdes en die jare van jou lewe sal baie wees.

11Ek het aan jou die lewenswyses van wysheid geleer; ek het jou op die regte paaie gelei;

12wanneer jy loop, sal jou treë nie onstabiel wees nie; as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13Hou styf vas aan my instruksies en moet dit nie los nie; hou dit, want dit is jou lewe.

14Moenie loop op die pad van die bose mense nie en moenie jaloers wees op die lewenswyse van die bose nie.

15Waar hulle bly, moenie daar verbygaan nie, draai daarvan af weg,

16want hulle kan nie slaap as hulle nie kwaad gedoen het nie en hulle slaap word weggehou totdat hulle bose begeertes uitgevoer is,

17want hulle eet die brood van boosheid en drink die wyn van gewelddadigheid,

18maar die pad van die regverdiges is soos die helder lig wat al helderder word tot die volle dag toe.

19Die pad van die bose is soos duisternis, hulle weet nie waaroor hulle struikel nie.

20My seun, luister na my woorde, draai jou oor na my gesegdes,

21laat hulle nie weggaan voor jou oë nie, maar hou hulle in jou verstand, wil en emosie,

22want hulle is lewe vir die wat hulle vind en gesondheid vir hulle hele liggaam.

23Bewaak jou verstand, wil en emosie met alle ywer, want daaruit is die bron van lewe.

24Verwyder van jou ’n perverse mond en hou die raad van misleiding ver van jou lippe af .

25Laat jou oë reguit vorentoe kyk en laat jou ooglede reg voor jou kyk.

26Hou jou voete weg van die bose paaie, dan sal al jou paaie stewig wees.

27Moenie na regs of na links afdraai nie, maar hou jou voet weg van die boosheid.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 3
Top of Page
Top of Page