Spreuke 23
Afrikaans PWL
1Wanneer jy sit om saam met ’n heerser te eet, let noukeurig op wat voor jou opgedien word

2dat jy nie gif in jou mond sou sit nie. As jy ’n man met ’n uitermatige eetlus is,

3moenie sy kos begeer nie, want sy brood is brood van bedrog.

4Moenie argumenteer met ’n ryk man nie, maar bly wyslik van hom af weg,

5want as jy jou oë op hom sou vestig, kan jy hom nie sien nie, want hy maak vir homself vlerke soos die arend en vlieg weg in die lug!

6Moenie saam met iemand eet wat ’n bose oog het (suinig is), of sy kos begeer nie,

7want hy is soos een wat pik insluk, net so sal jy saam met hom eet en drink, maar sy verstand, wil en emosie is nie by jou nie.

8Die stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspoeg en jy sal jou soet woorde verloor.

9Moenie in die teenwoordigheid van ’n dwaas praat nie, want hy sal die wysheid van jou woorde verag.

10Moenie die ou grenslyne verwyder nie, of in die landerye van die vaderlose ingaan nie,

11want hulle Verlosser is magtig, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.

12Draai jou verstand, wil en emosie na dissipline en jou oor na woorde van kennis.

13Moenie tugtiging terughou van die seun nie, want as jy hom slaan, sal hy nie sterf nie,

14want as jy hom met die lat slaan, sal jy sy lewe uit Sh’ol red.

15My seun, as jou verstand, wil en emosie wys is, sal my verstand, wil en emosie verheug wees.

16Ja, my verstand, wil en emosie sal verheug wees as jy dinge wat reg is, praat.

17Moenie dat jou verstand, wil en emosie die sondaars beny nie, maar vrees יהוה die hele dag lank respekvol,

18want jy sal sekerlik ’n toekoms hê en jou versekerde verwagting sal nie afgesny word nie.

19Luister, hoor en doen, my seun, wees wys en maak my raad vas in jou verstand.

20Wees nie dronk met wyn nie en wees nie ’n oormatige eter van vleis nie,

21want die dronkaard en oormatige eter sal arm word en slaperigheid sal ’n man met stukkende klere klee.

22Luister na jou vader wat jou verwek het en doen dit en moenie jou moeder verag wanneer sy oud is nie.

23Koop die waarheid en verkoop nie wysheid nie; koop ook insig en dissipline.

24Die vader van ’n regverdige sal hom baie verheug en hy wat ’n wyse kind verwek het, sal bly wees.

25Jou vader en jou moeder sal bly wees oor jou en die een wat aan jou geboorte gegee het, sal gelukkig wees.

26My seun, gee vir my jou verstand, wil en emosie en laat jou oë my lewenswyses beskou,

27want ’n hoer is ’n diep put en ’n vreemde vrou is ’n nou put.

28Sy vernietig mans skielik en vermeerder onreg onder die mens.

29Wie het probleme? Wie het moeilikheid? Wie het teëstand? Wie het harde tye? Wie het wonde sonder oorsaak? Wie het rooi oë?

30Dié wat lank oor die wyn bly en wat soek na ’n drinkplek. Moenie dronk wees van wyn nie, maar gesels met regverdige manne; loop en praat met hulle.

31Oordink onpartydige opregtheid en moenie kyk na die wyn as dit rooi is in die beker nie,

32want teen die einde byt dit soos ’n slang en wond dit soos ’n adder.

33Wanneer jou oë na ’n vreemde vrou kyk, sal jou verstand, wil en emosie pervers optree

34en jy sal wees soos een wat in die see gaan lê of soos ’n matroos in ’n storm.

35Hulle het my geslaan, sal jy sê, maar ek het nie gely nie; hulle het my gespot, maar ek het dit nie geweet nie; wanneer ek sober wakker word, sal ek gaan en dit weer opsoek.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 22
Top of Page
Top of Page