Spreuke 13
Afrikaans PWL
1’n Wyse seun luister na die dissipline van sy vader, maar ’n bose seun luister nie na berisping nie.

2’n Goeie man sal tevrede wees met die vrug van sy mond, maar die lewens van die bose sal tot niet gaan.

3Hy wat sy mond bewaak, bewaar sy lewe; hy wat te veel praat sal verwoesting op homself bring.

4Die luiaard begeer voortdurend, maar die lewe van die vlytiges sal verryk word.

5Die regverdige haat leuentaal, maar die bose is veragtelik en sal beskaam word.

6Onpartydige opregtheid bewaar die een wat opreg is in sy lewenswandel, maar boosheid werp die sondaar omver.

7Daar is sommiges wat voorgee om ryk te wees, tog het hul niks nie; daar is ander wat voorgee om arm te wees, tog het hul groot rykdom.

8Die losprys vir die lewe van ’n man is sy rykdom, maar die arme luister nie na teregwysing nie.

9Die lig van die regverdige sal hom verheug, maar die lamp van die bose sal uitgesit word.

10Die bose man doen skandelike dinge, maar by die goed-ingeligte is wysheid.

11Rykdom wat onregverdig verkry is, sal minder word, maar hy wat regverdig invorder sal sy rykdom vermeerder.

12Geseënd is die man wat gewillig is om te help; hy is meer geseënd as hy wat in verwagting rus; soos ’n boom van lewe dra hy vrugte.

13Hy wat raad verag, sal daardeur vernietig word, maar hy wat die opdragte respekvol vrees sal gespaar word. Die bedrieglike man sal nie voordeel trek nie, maar ’n wyse man, wie se werke goed is, sal voorspoedig wees.

14Die wet van die wyse is ’n fontein van lewe vir die wat wegloop van die strikke van die dood.

15’n Goeie insig bring onverdiende guns, maar die lewenswyse van oortreders lei na vernietiging.

16Elke skrander persoon handel wys, maar ’n dwaas praat dwaasheid.

17’n Bose boodskapper val in boosheid, maar ’n betroubare ambassadeur is ’n geneesheer.

18Armoede en skande is vir hom wat dissipline verwerp, maar hy wat teregwysing ag, sal geëer word.

19’n Eerbare begeerte is soet vir die lewe, maar die verwerplikhede van die bose is ver van kennis af.

20Hy wat saam met die wyses loop, sal wys wees, maar die metgesel van dwase sal skade ly.

21Boosheid agtervolg sondaars, maar aan die regverdiges sal goed terugbetaal word.

22’n Goeie man laat ’n erfporsie na aan sy kinders se kinders en die rykdom van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.

23Die wat nie die manier van die lewe verstaan nie, word deur rykdom vernietig, ja, baie is volkome vernietig.

24Hy wat sy lat spaar, haat sy seun, maar hy wat sy seun liefhet, dissiplineer hom behoorlik.

25Die regverdige eet en is versadig, maar die maag van die goddelose het behoefte.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 12
Top of Page
Top of Page