Numeri 10
Afrikaans PWL
1יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 2“Maak vir jou twee silwer trompette; van slaanwerk moet jy dit maak. Hulle sal wees om die vergadering byeen te roep en om die kampe te laat opbreek. 3Wanneer albei geblaas word, moet die hele vergadering by jou bymekaarkom, by die ingang van die Tent van Ontmoeting 4en as hulle op een blaas, moet die leiers, die hoofde van die afdelings van Yisra’el, by jou bymekaarkom. 5Wanneer julle die alarm blaas, moet die kampe opbreek wat aan die oostekant staan. 6Wanneer julle die tweede keer die alarm blaas, moet die kampe opbreek wat aan die suidekant staan. Die alarm moet vir hulle geblaas word om op te breek. 7Wanneer die vergadering bymekaar moet kom, moet julle blaas, maar nie alarm maak nie. 8Die seuns van Aharon, die priesters, moet die trompette blaas en dié moet vir julle ’n ewige instelling in al julle geslagte wees. 9Wanneer julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat julle aanval, moet julle met die trompette ’n alarm blaas; dan sal julle onthou word voor יהוה, julle God en julle sal van jul vyande verlos word. 10Ook op die dag van julle oorweldigende blydskap, op julle vasgestelde feeste en by die begin van julle maande moet julle die trompette blaas oor jul brandoffers en oor die offerandes van julle vredesoffers: hulle sal ’n herinnering wees vir julle voor julle God. Ek is יהוה, julle God.”

11Dit het gebeur dat op die twintigste van die maand, in die tweede maand, in die tweede jaar, die wolk opgelig is van die tabernakel van die Getuienis af 12en die seuns van Yisra’el het weggetrek uit die wildernis van Sinai op hulle reise en die wolk het tot rus gekom in die wildernis van Pa’ran. 13So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die opdrag van יהוה, deur die hand van Moshe. 14Die banier van die kamp van die seuns van Y’hudah, volgens hulle leërafdelings het eerste weggetrek, met Nagshon, die seun van `Amminadav, oor sy leërafdeling. 15Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Yissakhar was N’tan’el, die seun van Tzu’ar. 16Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Z’vulun was Eli’av, die seun van Helon.

17Die tabernakel is afgebreek en die seuns van Gershon en die seuns van M’rari het weggetrek en die tabernakel gedra. 18Volgende het die banier van die kamp van Re’uven weggetrek, volgens hulle leërafdelings met Elitzur, die seun van Sh’de’ur, oor sy leërafdeling. 19Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Shim’on was Shlumi’el, die seun van Tzurishaddai. 20Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Gad was Elyasaf, die seun van Re’u’el.

21Toe het die K’hati, die draers van die Afgesonderde plek, weggetrek. Die tabernakel is vir hulle opgeslaan voor hulle aankoms. 22Volgende het die banier van die kamp van die seuns van Efrayim, volgens hulle leërafdelings, weggetrek met Elishama, die seun van `Ammihud, oor sy leërafdeling. 23Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van M’nasheh was Gamli’el, die seun van P’dahtzur. 24Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Binyamin was Avidan, die seun van Gid’oni.

25Toe het die banier van die kamp van die seuns van Dan weggetrek wat, volgens hulle leërafdelings, die agterhoede vir al die leërs was; met Agi’ezer, die seun van `Ammishaddai oor sy leërafdeling. 26Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Asher was Pag’i’el, die seun van `Okhran. 27Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Naftali was Agira, die seun van `Enan. 28Dit was die volgorde van die reise van die seuns van Yisra’el, volgens hulle leërafdelings, wanneer hulle weggetrek het.

29Moshe het vir Hovav, die seun van Re’u’el, die Midyani, skoonvader van Moshe, gesê: “Ons trek na die plek waarvan יהוה gesê het: “Ek sal dit vir julle gee. Trek saam met ons en ons sal jou goed behandel, want יהוה het goed oor Yisra’el belowe.” 30Hy het vir hom gesê: “Ek sal nie kom nie, maar ek sal weggaan na my land en my familie toe.” 31Hy sê: “Moet asseblief nie gaan nie, aangesien jy weet waar ons moet kamp opslaan in die wildernis en jy sal vir ons soos oë wees. 32As jy met ons saamtrek sal dit inderdaad so wees dat watter goeie יהוה ook al vir ons sal doen, so sal ons vir jou doen.”

33Hulle het van die berg van יהוה af vertrek op ’n reis van drie dae met die verbondsark van יהוה wat vir die drie dae se reis voor hulle uit getrek het om vir hulle ’n rusplek uit te soek. 34Die wolk van יהוה was bedags oor hulle as hulle uit die kamp wegtrek.

35Wanneer die ark wegtrek, het Moshe gesê: “Staan op, O יהוה, laat U vyande verstrooi word en die wat U haat voor U wegvlug.”

36Wanneer dit rus, het hy gesê: “Keer terug, O יהוה, na die menigte van die duisende van Yisra’el!”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Numbers 9
Top of Page
Top of Page