Nehemia 7
Afrikaans PWL
1Toe die muur gebou is, die deure ingesit is, die deure klaar was en die leiers en die Leviete aangestel is, 2het ek opdrag gegee aan my broer Hanani en aan Hananyah, die goewerneur van die paleis en van Yerushalayim, want hy was ’n opregte man en het God respekvol gevrees en weggedraai van boosheid af 3en ek het vir hulle gesê: “Moenie die poorte van Yerushalayim oopmaak voordat die son hoog is nie en terwyl die son nog skyn, laat hulle die deure toemaak en grendel en stel wagte aan uit die inwoners van Yerushalayim, elkeen in sy wag en elkeen oorkant sy eie huis.”

4Die stad was groot en wyd, maar daar was min mense in dit en hulle huise was nog nie gebou nie.

5God het dit in my gedagtes geplaas en ek het die edeles en heersers van die volk bymekaar laat kom volgens hulle families en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het en ek het gevind dat die name daarin geskryf is.

6Hierdie is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangeskap, wat N’vukadnetzar, koning van Bavel, na Bavel weggevoer het en weer na Yerushalayim en Y’hudah teruggekeer het, elkeen na sy eie stad; 7hulle wat saam met Z’rubavel, Yeshua, Negemyah, S’rayah, Re’elyah, Nagmani, Mordekhai, Bilshan, Mispar, Bigwai, Regum en Ba’anah gegaan het. Die aantal manne van die volk van Yisra’el was: 8die seuns van Par’osh, twee duisend een honderd twee en sewentig; 9die seuns van Sh’fatyah, drie duisend twee en sewentig; 10die seuns van Arag, ses honderd twee en vyftig; 11die seuns van Pagat-Mo’av, van die seuns van Yeshua en Yo’av, twee duisend agt honderd en agtien; 12die seuns van `Eilam, een duisend twee honderd vier en vyftig; 13die seuns van Zattu, agt honderd vyf en vyftig; 14die seuns van Zakkai, sewe honderd en sestig; 15die seuns van Bani, ses honderd agt en veertig; 16die seuns van B’vai, ses honderd agt en twintig; 17die seuns van `Azgad, twee duisend drie honderd twee en twintig; 18die seuns van Adonikam, ses honderd sewe en sestig; 19die seuns van Bigwai, twee duisend sewe en sestig; 20die seuns van `Adin, ses honderd vyf en vyftig; 21die seuns van Ater, van Hizkiyahu, agt en negentig; 22die seuns van Hashum, drie honderd agt en twintig; 23die seuns van Betzai, drie honderd vier en twintig; 24die seuns van Yorah, een honderd en twaalf; 25die seuns van Giv’on, vyf en negentig; 26die seuns van Beit-Legem en N’tofah, een honderd agt en tagtig; 27die manne van `Anatot, honderd agt en twintig; 28die seuns van Beit-`Azmawet, twee en veertig; 29die seuns van Kiryat-`Arim, K’firah en Be’erot, sewe honderd drie en veertig; 30die seuns van Ramah en Geva, sewe honderd een en twintig; 31die manne van Mikhmas, een honderd twee en twintig; 32die manne van Beit-El en `Ai, een honderd drie en twintig; 33die seuns van N’vo, twee en vyftig; 34die seuns van die ander `Eilam, een duisend twee honderd vier en vyftig; 35die seuns van Harim, drie honderd en twintig; 36die seuns van Yerigo, drie honderd vyf en veertig; 37die seuns van Lod, Hadid en Ono, sewe honderd een en twintig; 38die seuns van S’na’ah, drie duisend nege honderd en dertig.

39Die priesters: die seuns van Y’da’yah, van die huis van Yeshua, nege honderd drie en sewentig; 40die seuns van Immer, een duisend twee en vyftig; 41die seuns van Pash’gur, een duisend twee honderd sewe en veertig; 42die seuns van Harim, een duisend en sewentien.

43Die Leviete: die seuns van Yeshua en Kadmi’el, van die seuns van Hodavyah, vier en sewentig. 44Die sangers: die seuns van Asaf, een honderd agt en veertig. 45Die seuns van die poortwagters: die seuns van Shallum, die seuns van Ater, die seuns van Talmon, die seuns van `Akkuv, die seuns van Hatita, die seuns van Shovai, almal saam een honderd agt en dertig.

46Die tempelbediendes:die seuns van Tziga, die seuns van Hasufa, die seuns van Tabba’ot; 47die seuns van Keros, die seuns van Sia’ha, die seuns van Padon; 48die seuns van L’vana, die seuns van Hagavah, die seuns van Salmai; 49die seuns van Hanan, die seuns van Giddel, die seuns van Gagar; 50die seuns van Re’ayah, die seuns van Retzin, die seuns van N’koda; 51die seuns van Gazam, die seuns van`Uza, die seuns van Paseag; 52die seuns van Besai, die seuns van Me’unim, die seuns van N’fusim; 53die seuns van Bakbuk, die seuns van Hakufa, die seuns van Harhur; 54die seuns van Batzlut, die seuns van M’gida, die seuns van Harsha; 55die seuns van Barkos, die seuns van Sisra, die seuns van Temag; 56die seuns van N’tziag, die seuns van Hatifa;

57die seuns van die diensknegte van Shlomo: die seuns van Sotai, die seuns van Soferet, die seuns van P’ruda; 58die seuns van Ya’alah, die seuns van Darkon, die seuns van Giddel; 59die seuns van Sh’fatyah, die seuns van Hattil, die seuns van Pokheret-Hatzvayim, die seuns van Ami,

60al die tempelknegte en die seuns van die diensknegte van Shlomo was drie honderd twee en negentig.

61Hierdie is hulle wat uit Tel-Melag, Tel-Harsha en K’ruv opgetrek het, maar nie hulle familie en hulle afkoms verseker kon aanwys of hulle vanuit Yisra’el is nie: 62die seuns van D’layah, die seuns van Toviyah en die seuns van N’koda, ses honderd twee en veertig.

63Van die seuns van die priesters: die seuns van Havayah, die seuns van Hakkotz, die seuns van Barzillai, wat uit die dogters van Barzillai, die Gil’adiet, ’n vrou gevat het en na hulle vernoem is. 64Hulle het hul registers gesoek tussen die wat erken is deur hul voorgeslagte, maar dit is nie gevind nie; daarom is hulle vrygestel van die priesterskap. 65Die leiers van Yisra’el het vir hulle gesê dat hulle nie mag eet van die mees afgesonderde dinge nie totdat ’n hoofpriester sou opstaan en navraag doen met urim en tummim.

66Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend vier honderd en sewentig, 67behalwe hulle slawe en hulle slavinne, waarvan daar sewe duisend drie honderd drie en dertig was en hulle wat met sang bedien het, twee honderd vyf en veertig sangers en sangeresse. 68Hulle kamele was vier honderd vyf en dertig; 69hulle donkies, ses duisend sewe honderd en twintig.

70Sommige van die hoofde van die vaders het vir die werk van die tempel gegee. Die oudstes onder die priesters het aan die skathuis een duisend dragmas goud (±10kg), vyftig bakke en vyf honderd en dertig stelle klere vir die priesters, gegee. 71Sommige van die hoofde van die vaders het aan die skathuis vir die werk twintig duisend dragmas goud (±195kg) en een duisend een honderd mine silwer (±500kg) gegee. 72Dit wat die res van die mense gegee het was twintig duisend dragmas goud (±195kg), twee duisend mine silwer (±900kg) en sewe en sestig stelle klere vir die priesters.

73So het die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers en sommige van die volk, die tempelknegte en die hele Yisra’el na hulle eie stede teruggekeer en toe die sewende maand (Tishri) aanbreek, was die hele Yisra’el in hulle stede.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Nehemiah 6
Top of Page
Top of Page