Mattheus 25
Afrikaans PWL
1“Dan sal die Koninkryk van die hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe gevat en uitgegaan het om die bruidegom en bruid te ontmoet, 2maar vyf van hulle was wys en vyf was dwaas. 3Die wat dwaas was, het hulle lampe gevat en nie olie saamgevat nie, 4maar die wyses het olie in hulle houers saam met hulle lampe gevat. 5Toe die bruidegom vertraag is om te kom, het hulle almal moeg geword en geslaap, 6maar in die middel van die nag was daar ’n uitroep: ‘Let op, die bruidegom kom; gaan uit om hom te ontmoet!’ 7Toe staan al daardie maagde op en berei hulle lampe voor. 8Die dwases sê aan die wyses: ‘Gee vir ons van julle olie, let op, ons lampe het uitgegaan,’ 9maar die wyses antwoord en sê: ‘Hoekom? Daar is nie genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan na die verkopers en koop vir julleself.’ 10Terwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom en die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die troulokaal en die deur is toegemaak. 11Agterna kom ook die ander maagde en sê: ‘Ons meester, ons meester, maak vir ons oop,’ 12maar hy antwoord en sê vir hulle: ‘Dit is waar, ek sê vir julle, ek het nie ’n verbondsverhouding met julle nie.’ 13Word dan wakker omdat julle die dag en die uur nie weet nie.

14Dit is net soos ’n man wat op reis gaan en sy slawe roep en sy besittings aan hulle oorhandig 15en aan die een gee hy vyf talente en aan die ander, twee en aan die ander, een, aan elkeen na sy vermoë en hy het dadelik na ’n ander land vertrek. 16Die een wat die vyf talente gekry het, het daarmee gaan handel dryf en vyf ander talente bygekry. 17Net so het die een wat die twee gekry het, self ook twee ander bygekry, 18maar hy wat die een ontvang het, het gegaan en in die grond gegrawe en sy meester se geld begrawe.

19Ná ’n lang tyd het die slawe se meester gekom en hulle rekenings uitgewerk 20en die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring nog vyf talente en sê: ‘My meester, vyf talente het u vir my gegee; ek het nog vyf talente bygevoeg’ 21en sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’

22Die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, twee talente het u aan my gegee; ek het nog twee talente bygevoeg.’ 23Sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’

24Die een wat een talent ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, ek het u geken dat u ’n harde man is wat oes waar u nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar u nie gedors het nie 25en ek was bang. Ek het gegaan en u talent in die grond begrawe. Let op, dit wat aan u behoort.’

26Sy meester antwoord en sê vir hom: ‘Jou slegte en lui slaaf, jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar ek nie gedors het nie. 27Dit was jou plig om my geld by die geldwisselaars in te gee en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het. 28Neem dan die talent van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien talente het,

29want aan elkeen wat het, sal gegee word en dit sal vir hom vermenigvuldig word, maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word, ook wat hy het 30en gooi die nuttelose slaaf uit in die buitenste duisternis; daar sal ’n gehuil wees en gekners van tande.’

31Wanneer die Seun van die mens in Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid kom en al die afgesonderde engele saam met Hom, dan sal Hy sit op Sy troon van eer, lof en grootheid 32en voor Hom sal al die nasies bymekaargemaak word en Hy sal hulle van mekaar skei net soos die skaapwagter die skape van die bokke skei 33en Hy sal die skape aan Sy regterhand en die bokke aan Sy linkerhand laat staan.

34Dan sal die Koning vir dié aan Sy regterhand sê: ‘Kom, julle geseëndes van My Vader, kom erf die Koninkryk wat vir julle voorberei is vanaf die ontstaan van die heelal af, 35want Ek het honger gehad en julle het vir My kos gegee; Ek het dors gehad en julle het vir My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling en julle het My ontvang; 36Ek was kaal en julle het My aangetrek; Ek was siek en julle het My versorg; Ek was in die tronk en julle het My besoek.’ 37Dan sal die onskuldiges Hom antwoord en sê: ‘Ons Meester, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors en te drinke gegee 38en wanneer het ons gesien dat U ’n vreemdeling is en U ontvang; of kaal en U aangetrek 39en wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40Die Koning sal antwoord en vir hulle sê: ‘Dit is waar, Ek sê vir julle, in die mate waarin julle dit gedoen het vir een van die onbelangrikste van hierdie broers van My, het julle dit vir My gedoen.’

41Dan sal Hy ook vir dié aan Sy linkerhand sê: ‘Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur in wat voorberei is vir die teëstander en sy engele, 42want Ek het honger gehad en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad en julle het My nie te drinke gegee nie; 43Ek was ’n vreemdeling en julle het My nie ontvang nie; kaal en julle het My nie aangetrek nie; siek en in die tronk en julle het nie vir my gesorg nie.’ 44Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: ‘Ons Meester, wanneer het ons U honger gesien of dors of ’n vreemdeling of kaal of siek of in die tronk en U nie bedien nie?’ 45Dan sal Hy hulle antwoord en vir hulle sê: ‘Dit is waar, Ek sê vir julle, in die mate waarin julle dit nie gedoen het vir een van hierdie onbelangrikes nie, het julle dit ook nie vir My gedoen nie’ 46en hulle sal weggaan in die ewige marteling in, maar die onskuldiges in die ewige lewe in.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Matthew 24
Top of Page
Top of Page