Job 25
Afrikaans PWL
1Toe het Bildad, die Shuagiet, geantwoord en gesê:

2“Heerskappy en respekvolle vrees is by Hom, Hy het vrede gemaak in Sy hoë plekke.

3Is daar enige getal aan Sy leërmagte en op wie skyn Sy lig nie?

4Hoe kan die mens dan regverdig verklaar word by God? Of hoe kan hy skuldloos verklaar word, hy wat uit ’n vrou gebore is?

5Let op, selfs die maan is nie helder nie; ja, die sterre is nie rein in Sy oë nie.

6Hoeveel minder die mens, wat stof is en die mensekind, wat ’n wurm is.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 24
Top of Page
Top of Page