Job 20
Afrikaans PWL
1Toe het Tzofar, die Na’amahiet, geantwoord en gesê:

2“My dissipline het my daarom laat onderskei en vir my hulp by my gebly.

3Ek sal jou die instruksies van my dissipline laat hoor en die gees van my insig sal my laat antwoord.

4Dit weet ek van ouds af, sedert die mens op die aarde geskep is:

5die triomfering van die bose is van korte duur en die vreugde van die onreine is maar net vir ’n oomblik.

6Alhoewel sy hoogheid opgaan na die hemel en al raak sy kop aan die wolke,

7tog sal hy vir ewig vergaan soos ’n warrelwind; dié wat hom gesien het, sal vra: ‘Waar is hy?’

8Hy sal wegvlieg soos ’n droom en sal nie gevind word nie; ja, hy sal weggejaag word soos visioene in die nag.

9Ook die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie en ook sal hulle sy plek nie meer sien nie.

10Sy kinders sal onderdruk word met armoede en hy sal sy hande uitsteek na hulle toe.

11Sy gebeente is vol lewenskrag (murg), maar dit sal saam met hom in die stof lê.

12Alhoewel sy boosheid soet is in sy mond, alhoewel hy misleiding onder sy tong wegsteek,

13alhoewel hy dit spaar en dit nie laat staan nie, maar dit stilhou in sy mond,

14nogtans draai sy kos om in sy maag, dit is die gal van adders in hom.

15Die rykdom wat hy afgesluk het, sal hy opbring vanuit sy maag en God sal hom vernietig.

16Hy sal die gif van adders opsuig, die tong van ’n adder sal hom doodmaak.

17Hy sal nie die riviere, die vloede, die strome van heuning en botter sien nie.

18Dit waarvoor hy gewerk het, sal hy teruggee en dit nie insluk nie; dit wat hy deur afpersing verkry het, sal hy nie geniet nie,

19want hy het daaraan gedink om die armes in die steek te laat, want hy het gewelddadig ’n huis weggevat wat hy nie gebou het nie.

20Omdat hy self geen regverdige oordeel geken het nie, sal hy nie gespaar word deur sy geldgierigheid nie.

21Geen van sy nageslag sal gespaar word nie; daarom sal sy goeie nie onthou word nie.

22Met die maat waarmee hy gemeet het, sal hy terugbetaal word; die hand van die bose sal op hom kom.

23Mag sy nageslag vernietig word, mag God Sy gloed van woede oor hom gooi en hom laat oorstroom terwyl Hy teen hom oorlog maak,

24want alhoewel hy ontvlug het as gevolg van die borsplaat van yster, sal die koper boog hom deurboor.

25Dit word uitgetrek en dit bring sy ingewande uit en die vel van sy gal sal gebreek word; angs sal voortdurend op hom wees!

26Volle duisternis is bewaar vir sy nageslag; ’n brandende vuur sal hom verteer en die een wat in sy tent oorbly sal vernietig word.

27Die hemel sal sy sondes openbaar en die aarde sal homself teen hom wreek.

28Die fondasies van sy huis sal oop gelaat word en hy sal geskroei word op die dag van Sy woede.

29Dit is die gedeelte vanaf God vir die bose mens en die erfenis wat vir hom bestem is van die Hoogste.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 19
Top of Page
Top of Page