Job 18
Afrikaans PWL
1Toe het Bildad, die Shuagiet, geantwoord en gesê:

2“Hoe lank sal julle woorde teëstaan? Verstaan en daarna sal ons praat.

3Waarom word ons as diere gereken en word ons verwerplik in jou oë beskou, jy wat jouself in jou woede doodmaak?

4Sal die aarde in die steek gelaat word om jou ontwil en sal die berg uit sy plek verwyder word?

5Ja, die lamp van die bose sal uitgeblus word en die vonk van sy vuur sal nie skyn nie.

6Die lig sal donker wees in sy tent en sy lamp bo hom sal uitgedoof word.

7Hy sal verlaat word in sy siekte en sy eie raad sal hom neergooi,

8want hy het sy voete uitgestrek na die net en hy loop aanhoudend oor ’n strik.

9Die strik vang hom aan die hakskeen en dors sal hom oorweldig.

10’n Vangstrik is vir hom gestel in die grond en ’n valstrik op sy pad.

11Angswekkendheid sal hom bang maak aan alle kante en hom op sy voete jaag.

12Laat honger sy droefheid wees, laat verwoesting gereed wees vir sy nageslag.

13Laat mag sy dorpe verteer, laat sy eersgeborene in geweld sterf.

14Sy selfvertroue sal uit sy tent weggeruk word en hy sal haastig deur die koning se laksman gebring word.

15Ander sal in sy tent bly, want daar is niemand in nie; swael sal oor sy blyplek gestrooi word.

16Sy wortels sal onder opgedroog word en bo sal sy opbrengs afgesny word.

17Sy nagedagtenis sal vergaan van die aarde af en hy sal geen naam daarop hê nie.

18Hy sal vanaf lig die duisternis ingedryf word en uit die wêreld uitgejaag word.

19Hy sal geen naam of herinnering onder die volk hê nie of enige oorlewende in sy blyplek nie.

20Hulle wat ná hom kom sal verbaas wees oor sy dag, soos hulle wat vóór hul gekom het beangs was.

21Sekerlik, so is die blyplek van die perverse en dit is die plek van hom wat God nie ken nie.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 17
Top of Page
Top of Page